TUISBLAD

DIENSTE &
VOORDELE

TABOK IN BEDRYF

GRONDWET

HULPMIDDELS

NAVORSING

LITIGASIE

WETGEWING

AANSOEK

KONTAK ONS

SKAKELS

 

 

Die Staat teen die Ouers?

Kernbevindinge van ’n Opname oor die Menings van Ouers oor Wendinge in die Onderwys 

Lawrence Schlemmer

Hermann Giliomee 

 

November 2004

 Ons begin met ’n kort uiteensetting wat van die kernbevindige van die ondersoek stel.

 

Inleiding

Die openbare lewe in Suid Afrika is vol teenstrydighede rondom sleutelvraagstukke. Dit geld seker in enige komplekse samelewing, maar in Suid Afrika is dit dikwels die geval dat twee ewe verantwoordelike gevolgtrekkings oor die stand van nasionale sake kan klink asof twee verskillende lande ter sprake is.

Die ekonomie toon ’n dramatiese oplewing maar die amptelike werkloosheidsyfer bly nog steeds onder die twee of drie hoogste in die nywerheidslande van die węreld. Die misdaadsyfer daal te midde van stygende diefstalle en vroue- en kindermishandeling. Suid Afrika is ’n internasionaal-aanvaarde toonbeeld van etniese en rasseversoening te midde van daaglikse klagtes van alle kante oor rassisme en diskriminasie. Die regering tref sy teikens in die voorsiening van behuising maar die aantalle in krotbehuising styg jaarliks. Hierdie is maar net ’n paar voorbeelde van die skisofreniese selfbeeld van die nuwe Suid Afrika.

Die grootse verwarring bestaan op die gebied van die openbare onderwys. Onderwys word algemeen erken as die sleutel tot Suid-Afrika se toekomstige vooruitgang en welsyn.  Die regering se ernstigste huidige probleem is die feit dat dit een van die hoogste gedokumenteerde koerse van werkloosheid in die węreld het.  Die hoogste pieke is onder die jeug en skoolverlaters.  Die meeste mense, en dit sluit verskeie lede van die kabinet in, stem saam dat hierdie voortwoekerende werkloosheid ‘n weerspieëling is van die klein getalle van skoolverlaters wat werklik geskik is vir die werksgeleenthede wat bestaan.    In ‘n ekonomie waar daar, soos elders in die węreld, `n vraag na bepaalde vaardighede bestaan, is die enigste langtermyn oplossing die verhoging van die kwaliteit van onderwys.  In bepaalde situasies kan ‘n fokus op opleiding nuttig wees, maar ‘n individu se vermoë om opgelei te word, hang in ‘n beslissende mate van die karakter van onderwys af. 

Die vorige minister van Onderwys het met groot lof ’n vinnig dalende slaagsyfer in die finale skooleksamens tot 1997 op sy kop gedraai om ’n haas onmoontlike 55% verbetering teen 2003 te bewerkstellig. Tog moes die grootste finansiële tydskrif, die Financial Mail op November 12 vanjaar die situasie soos volg opsom:

“At matric level, we are producing hardly more maths higher grade(HG) passes than we were 12 years ago -- and only 4600 or 13% of them are African. ... Most tellingly, two-thirds of the maths HG passes are produced by just 24% of high schools, many of them former Model C schools. In the Western Cape ... 99% of black African passes in HG maths and science come from the old Model C schools. Yet the national government appears determined to further undermine the powers of the school governing bodies ... And that will finally kill off mathematics in most state schools.(bl 12).

Te midde van die amptelike erkenning van ’n rykdom van nasionale tale, insluitende Afrikaans natuurlik, en die amptelik aanvaarde plig om moedertaal-onderrig aan te bied,  het die aantal enkelmedium Afrikaanstalige regeringskole sterk na1994 gedaal.Onderrig in die ander inheemse tale is tot die eerste drie jare te beperk. Engels word baie vinnig die opleidingstaal van die land, met al die gepaardgaande struikelblokke vir die miljoene nie-Engelsprekende, arm, landelike kinders in die land vir wie Engels ’n baie ingewikkelde en vreemde taal is. Verder het inskrywings by onafhanklike (privaat) skole onder alle etniese groepe die hoogte ingeskiet, met ’n 95% toename in onafhanklike skole tussen 1995 en 2002.

Deskundiges sal natuurlik eindeloos die vraag of die onderwysstelsel verbeter of versleg kan debatteer, elkeen met sy of haar veronderstellings, statistieke en sydighede, maar daar is miskien een vry algemeen aanvaarde maatstaf, of finale geldigheidstoets – hoe die ouers van kinders op skool die saak bejeën. Daarom is daar in 2003 besluit om ’n nasionale opname te maak van die menings van ouers oor die onderwys. Maar weer eens kan daar voorspel word dat teenstrydighede die gevolgtrekkings sal vertroebel.                               

Franklin D. Roosevelt het op ’n keer die vanselfsprekende punt gemaak dat ’n regering nie beter kan vaar as die openbare mening wat dit ondersteun nie.  Die burgery kry die soort regering wat hulle verdien, en die geskiedenis bewys ruimskoots dat openbare mening van die feilbaarste aanduidings van die doeltreffendheid van beleid kan wees.  Roosevelt moes miskien bygevoeg het dat die regering se geesdriftigste ondersteuners ook sy ergste vyande kan wees, en dat sy ware vriende sy felste kritici is.  Hierdie ironie kan dalk goed weerspieël word in alledaagse menings oor die toestand waarin openbare onderwys in Suid-Afrika verkeer.  Ouers het natuurlike legitimiteit, maar hulle is nie noodwendig altyd reg nie.

Nogtans, is daar twee klankborde wat nooit buite hoorafstand behoort te wees nie – die behoeftes van die ekonomie (die aanhaling uit die Financial Mail en voorafgaande opmerkings hierbo geld) en die menings van ouers wat hul kinders aan die stelsel moet toevertrou. Oor die behoeftes van die ekonomie word boekdele geskryf, maar die moeder en vader op straat word selde geraadpleeg. Daarom is die besluit geneem om die opname te loods.

So ’n opname kan miskien nie die absolute waarheid ontbloot nie, maar dit kan een baie groot vraag aanspreek -- hoe goed slaag die Suid-Afrikaanse kiesers, en die miljoene ouers onder hulle, om die regering te help om op die kernwerklikhede en duursame kriteria te fokus? Of sal hulle voortaan, soos in die verlede, die gebrekkige onderwys kry wat hulle politieke partydighede verdien? 

1.                Die Opname

 Vir die projek het ons `n meningsopname laat doen van die houding van ouers oor die onderwys en die van die vlakke van tevredenheid oor die onderwys en oor kwessies soos Afrikaans as voertaal. Die steekproef is ’n gestratifiseerde ewekansige seleksie van 2250 huishoudings dwarsoor die land, van groot stede tot in die diepste landelike uithoeke. (Sien aanhangsel vir `n beskrywing van die tegniese aspekte van die opname.)

Hierdie vertolking van die bevindinge is daarop gemik om die beleidsimplikasies en opvolgmoontlikhede van die temas wat ondersoek is, te verken. Derhalwe word  tegniese inhoud tot ’n minimum beperk. Die verslag is  opgestel in ’n poging om die teenstrydighede op die gebied van onderwys te belig en om die inhoud van sekere onderwysvraagstukke van openbare belang aan die hand van die persepsies van ouers te verdiep. Twee vrae het as riglyne vir die ontleding gedien:

·                    Word daar aan die redelike verwagtinge van ouers in die algemeen in die voorsiening van onderwys voldoen?

·                    In watter mate hou die beleid, en in die besonder die beleid ten opsigte van die voertaal, rekening gehou met die wense van die ouers en gemeenskappe aangaande die vestiging van  taal- en kultuuridentiteite?

Koste-oorwegings het verhoed dat hierdie omvattende vrae in hulle volle detail ondersoek kon word maar ons vertrou dat die bevindinge, hoe beperk ook al, wel die openbare gesprek oor beleid en ook tot gepaste verdere ontledings en optredes sal stimuleer.

Omdat hierdie studie probleem-gerig is sal daar meer klem op die problematiese in die vertolking wees maar dit beteken nie dat die ontleding sodanig negatief ingestel is nie.      

2 Hoe word die onderwysstelsel in die land deur ouers bejeën?: Vlakke van tevredenheid

Die evaluering van onderwys is ’n deurlopende plig van alle ouers en burgers in ’n land. In ’n baie basiese opsig is die openbare onderwys die verlengstuk van die gesin in sy vormingsfunksies. Hoewel die staat oral ter węreld voogdyskap van kinders binne die onderwys oorneem en sowel opvoedkundige as ideologiese en ekonomiese doelwitte daarmee nastreef , het die ouer tog sekere “natuurlike” regte en verpligtinge wat nie binne enige demokratiese bestel deur ‘n regering toegeëien mag word nie.

Daarom moet die onderwys met die goedkeuring van alle burgers bedryf word. Hoewel die meeste demokratiese besluite met slegs die goedkeuring van ‘n meerderheid of ’n pluraliteit geneem kan word is behoort sekere instellings bokant die politiek uit te styg. Almal het die reg op goeie regspleging, en daarom moet die howe onafhanklik staan. Almal het die reg op gesondheid en lewe en daarom behoort ’n regering nooit die Hippokratiese eed van ‘n geneesheer te dwarsboom nie. So ook het alle ouers die reg, deur hul deelname, direk of indirek aan skoolbeheerliggame, om seggenskap uit te oefen oor hul kinders se opvoeding. Dit is dan teen die agtergrond van hierdie natuurlike legitimiteit van ouers dat hulle gevra is om die onderwysstelsel te evalueer. Die bevindinge word as eerste deel van die verslag aangebied.    

Eers is gevra hoe tevrede of ontevrede hulle met die huidige onderwysbestel in die land is. Oorhoofs gesien lyk resultaat positief. Ongeveer 65 persent van ouers verklaar dat hulle óf baie tevrede (40 persent) of tevrede (25 persent) met die onderwys is soos wat dit op die oomblik aangebied word.  Die meeste regerings in die węreld sou verheug met so ‘n respons gewees het aangesien onderwys gewoonlik een van die meer omstrede kwessie in enige land is.  Daar moet egter nie te gou aangeneem word dat daar algemene tevredenheid onder twee-derdes van die bevolking is nie.  Soos ons later sal sien, is hierdie tevredenheid gekwalifiseer  en dit weerspieël nie die groot verskille onder verskillende gemeenskappe nie. Die variasies blyk duidelik uit die eerste grafiek hieronder . 

Grafiek 1.    

Die verskille in die vlakke van algehele tevredenheid is opvallend.  Die grootste tevredenheid kom voor onder swart ouers, en in die besonder onder swak opgevoede ouers.  Die redes vir tevredenheid by hierdie ouers is min of meer soos wat ‘n mens sou verwag.  Hul waarneming is dat die onderwys verbeter het sedert die einde van die era van apartheid (maar nie onder almal nie), dat kinders beter en goeie resultate behaal en ook meer gemotiveerd is, en dat die toerusting en die geriewe aan die verbeter is.  Ook het hulle waardering vir die feit dat arm ouers nie gedwing word om fooie te betaal nie en laastens voel hulle dat die pligsgetrouheid van onderwysers aan die verbeter is. 

Duidelike meerderhede van Indiër- en blanke ouers is egter ontevrede met die beleid en verskaffing van onderwys. Die hoogste vlak van ontevredenheid is by Indiër-ouers gevolg deur wit Afrikaanse ouers.  Hierdie patrone is nog meer treffend indien daar op die vlakke van uiterste ontevredenheid gelet word, wat ons verskaf in grafiek twee.

Grafiek 2.

Hier sien ons dat oor ’n derde van wit ouers baie ontevrede is maar dat ’n verbasende helfte van Indiër ouers sterk ontevrede blyk te wees.

Beduidende variasies word ook binne etniese groepe gemerk. In tabel 1 word die betekenisvolle variasies aangedui. Die duidelikste patrone kom na vore indien daar na die negatiewe afwykings kyk – die “taamlik” en  “baie ontevrede”  persentasies saam.

Tabel 1a.         Beduidende afwykings in ontevredenheid binne etniese groepe: Swart ouers   

Subgroep

Persentasies “taamlik”

en “baie” ontevrede 

Subgroep

Persentasies “taamlik”

en “baie” ontevrede 

Alle swart ouers 

30%

IsiZulu-sprekers

42%

25-34 jaar

38%

Tsonga sprekers

82%

Hoogste peil: Graad 6/7

42%

Witboordjie werkers 

45%

Informele sektor 

55%

Dienswerkers

45%

Werksaam in vaste formele sektor  bane

39%

Professioneel 

39%

Werkloos

24%

Alle ander blouboordjie

25%

KwaZulu-Natal

50%

Plaaswerkers 

45%

Noord Wes

14%

Werkloos

25%

Gauteng

18%

R1200 pm plus huishoudelike inkomste 

26%

Mpumulanga

16%

Onder R600 pm

37%

Limpopo

37%

ANC ondersteuners 

31%

Klein en groter dorpe

44%

DA ondersteuners 

29%

Hostelbewoners

43%

Onafhanklike demokrate 

48%

Metropolitaanse gebiede  

15%

IFP ondersteuners

36%

Landelik nie-tradisioneel 

39%

Stem nie/apolities 

15%

 In die tabel is daar duidelik politieke en streekfaktore wat die patrone beďnvloed. Daar is ook ’n teenstrydige neiging in die sin dat terwyl stygende huishoudelike inkomste die ontevredenheid laat daal, die groot massas werkloses en blouboordjie werkers in die groot stede en die landelike stamgebiede redelik tevrede is. Dit is juis die meer suksesvolle werkers, die witboordjie werkers en die vaste formele sektor werkers wat meer ontevrede is, en dan die mense in klein dorpe en plaasgebiede. Breed gestel, is  tevredenheid met onderwys gemiddeld tot hoog die hoogste in ’n stedelike en landelike stamgebied “lumpenproleteriaat” en  ontevredenheid is op sy hoogste onder diegene wie se opleiding getoets sal word in mededingende arbeidsmark in die formele sektor of  mense wat nie aan die stedelike “township konsensus” onderhewig is nie.  Dit wil inderdaad voorkom of die swart meerderheid  se aanvaarding van die huidige onderwysstelsel die produk is van ’n politieke konsensus of “kultuur”. Dit word dramaties uitgebeeld in die feit dat die miljoene stedelike en stamgebied werkloses redelik tevrede is met ’n stelsel wat hulle geensins gehelp het nie.

 In tabel 1b  word die resultate vir wit ouers gegee. (Afrikaans-sprekende ouers sal later in meer detail ontleed word).     


 Tabel 1b.         Beduidende afwykings in ontevredenheid binne etniese groepe: Wit ouers   

Subgroep

Ontevredenheidsvlak:

Matig en baie ontevrede saam   

Alle wit  ouers 

58%

Manlik

67%

Vroulik

51%

Afrikaans

64%

Engels

53%

16-17 jaar (nog in opleiding)

24%

18-24 jaar

45%

35 jaar plus

69%

Hoogste LSM (lewenstandaard)

62%

Tersięre opleiding

68%

Werkloos en nie ekonomies aktief

49%

Werk in formele sektor

67%

Professioneel

71%

Witboordjie werk

64%

Ander werk

68%

Metro gebiede

66%

Dorpe en landelik

56%

R16600 pm plus (Huishoudelike inkomste)

55%

Onder R16600 pm

63%

DA ondersteuners

75%

Onafhanklike demokrate

63%

Ander partye (te klein om apart te gee)

45%

 Die resultate in tabel 1b vir wittes toon eintlik minder variasies as die swart groep. Afgesien van die feit dat  ontevredenheid styg met ouderdom en blootstelling aan markkragte, word die meeste van die ander verskille veroorsaak deur die persentasie Afrikaners in die subgroep.  Die beduidendste verskil gaan gepaard met die etniese faktor is. Die Afrikaners het ’n onderwyskultuur wat hulle minder toegeeflik maak oor die onlangse veranderings in hul skole.

Die ander variasies kan kortliks in die teks aangedui word sonder om hulle te tabelleer.

Onder  Indiërouers, die mees ontevrede groep soos ongesien het, is die mans meer ontevrede, en die mense ouer as 55 jaar die minste ontevrede. Ontevredenheid daal by diegene met tersięre onderwys (anders as by die wittes). Onder werkloses is ontevredenheid baie hoog. Indiërs buite KwaZulu-Natal is beduidend minder ontevrede. Die omstandighede wat die grootste griewe veroorsaak, is in die skole in KZ-N teenwoordig. Die baie ryk (LSM 10) Indiërouers is taamlik tevrede maar onder die arm mense en middelstand is die ontevredenheid baie groot.

Die meeste Indiërs het as ‘t ware uit die politiek onttrek.  Gevolglik is die resultate volgens party is nie beduidend nie behalwe dat ’n meerderheid van die ANC ondersteuners (53%) saam met die ander ontevrede is.

Onder bruinmense, onder wie  slegs 36% gemiddeld ontevrede met die onderwys is,  is die jonger geslag tevrede maar die ouer mense is geneig om baie minder tevrede te wees.  Die werkloses en die ekonomies nie-aktiewe mense, soos by swart ouers, is minder ontevrede  as werkende mense. Die landelike en dorpsmense is baie tevrede. Professionele en witboordjiewerkers werkers is baie ontevrede. ANC ondersteuners is meer ontevrede as DA ondersteuners.  Die ondersteuners van die Onafhanklike Demokrate is baie ontevrede terwyl die NNP mense almal gelukkig oor die onderwys voel – hulle is nader aan die regering as wat die deursnit ANC mense blyk te wees.

Die patroon by bruinmense is dus dat die groeperinge wat minder gesofistikeerd is en minder blootgestel is aan die ekonomie minder ontevrede is. Daar is by hulle ’n gelatenheid en dankbaarheid vir enige diens wat die regering lewer. Dit is nie by die werkende stedelinge teenwoordig nie.  

Die treffendste kontraste is egter tussen etniese groepe. Ten dele mag hierdie faktor versterk word deur die soort skole wat kinders bywoon, en daarom is dit belangrik om tussen skole volgens voertaal te onderskei. In tabel 2 word die verspreiding van skole wat kinders bywoon uiteengesit.

Tabel 2.  Soort skole wat kinders bywoon 


 Die meer welgestelde Engelssprekendes en Indiërs het hul kinders in privaatskole, en dit verklaar waarskynlik waarom die Indiërs wat professionele mense is minder ontevrede is as wit of Indiër professionele mense is . Dit help ook om te verstaan waarom Engelssprekendes minder ontevrede as Afrikaners is.

 Afrikaners is nie net meer blootgestel aan die staatstelsel maar ook beduidend aan die parallelmedium skole waarin die toetrede van anderskleurige kinders veranderings in die skooltaal gebring het. Maar dit moet onmiddellik bygesę word dat die ontleding wat volg daarop dui dat Afrikaners nie besonder ontevrede met die parallel medium stelsel is nie.     

In tabel 3 word die bevolkingsgroepe apart ontleed omdat dit die grootste verskille vertoon. Ons gebruik hier die gemiddelde  vlak van tevredenheid om die verskille tussen skole te verken. Alhoewel die vraag nie slegs op die respondente se eie kinders gerig was nie, sou die manier waarop hul kinders die skool ervaar baie getel het in die antwoorde.

Tabel 3.     Gemiddelde tevredenheidsvlak volgens die soorte  skole wat bygewoon word (gemiddeldes uit 4, die hoogste) 

Skool-

medium

Engels

Openbaar 

Afrikaans 

Openbaar

Dubbel/parallel

Openbaar

Onafhanklik

Engels

Swarttaal

Totaal

Ouergroepe

 

 

 

 

 

 

Wit  

2,3

2,1

2,5

2,4

 

2,3

Bruin

2,5

3,1

2,9

2,7

 

2,9

Indiër

1,7

-

-

2,5

 

2,1

Swart

2,9

3,4

3,1

3,1

3,1

3,0

 In hierdie tabel sien ons onmiddellik dat die wittes wie se kinders openbare Afrikaansmedium-skole bywoon die mees ontevrede – die gemiddelde is die laagste onder wit ouers. Diegene wie se kinders parallelmedium skole bywoon, is gelukkiger. Eienaardig genoeg is die mense wie se kinders privaatskole bywoon nie besonder gelukkig nie, behalwe onder swartmense.  Moontlik het dit met onkoste te make. 

Ouers van swart kinders is gelukkigste waar hulle kinders Afrikaanse openbare skole bywoon. Die wie se kinders Engelse staatskole bywoon is minder gelukkig. Dieselfde patroon geld onder bruin ouers. Swart en bruin ouers met kinders in die Afrikaanse openbare skole is blykbaar meer gelukkig as wat die Afrikanerouers oor hierdie skole is.  

Onder Afrikaanssprekende witmense, wat nie apart in die tabel verskyn nie, vind ons die volgende persentasies wat tevrede is met die onderwys volgens soort skool:

Tevredenheidsvlakke onder Wit Afrikaansprekende ouers volgens skool: 

·                    Afrikaansmedium openbaar:                   24%

·                    Engelsmedium openbaar:                        63%

·                    Parallelmedium:                                       55%

(Daar is te min Afrikaanse kinders in onafhanklike skole in die steekproef om iets te sę oor die privaat onderwys .)

   

 Die verskil in ontevredenheid tussen Afrikaans en Engelstalige skole is dramaties en sal hieronder verder verken word. By Indiërs lę die probleem ook klaarblyklik by die openbare skole, want hul tevredenheidsvlakke met privaatskole is taamlik hoog. Onder Engelssprekende wittes is daar ’n  41%  tevredenheidvlak by openbare Engelsmedium skole en 43% by onafhanklike skole. Dus is hulle probleme nie juis met die soort skool gekoppel maar miskien meer algemeen, alhoewel die kostes van privaatskole miskien bygedra het. Onder Afrikaners en Indiërs is die openbare skole wat hulle kinders bywoon egter ’n belangrike deel van die probleem.

Tevredenheid met onderwys al dan nie hou verband met persepsies of die onderwys in die afgelope tyd verbeter of agteruitgegaan het. In tabel 4 word die patroon van persepsies oor wendinge in die stelsel weergegee.

 Tabel 4.           Persepsies van vordering of agteruitgang in die onderwys oor die afgelope 5 jaar

Persepsies

Swart

%

Bruin

%

Indiër

%

Wit Afrikaans

%

Wit Engels

%

Almal

%

Baie verbetering

43

15

4

7

8

36

Redelike verbetering

28

34

18

10

31

28

Dieselfde gebly

16

25

11

13

11

16

Redelike agteruitgang

11

24

21

46

35

15

Ernstige agteruitgang

2

3

47

23

16

4

 

Weer eens is daar die patroon dat Indiër-ouers die negatiefste is met die Afrikanerouers `n kort kop agter en  daarna, `n hele end agter, die Engelssprekendes, en veel verder agter die  bruinmense. Selfs onder diegene wat tevrede is met die onderwys is daar beduidende persepsies van agteruitgang, soos volg:

Persentasies van die ouers wat tevrede is met die huidige onderwys maar wat nogtans agteruitgang oor die afgelope 5 jaar waarneem

·                    Wit Afrikaans:     40%

·                    Wit Engels:           32%

·                     Indies:                  35%

·                    Bruin:                      8%

·                    Swart:                     3%

 Om die prentjie te verbreed, is daar die volgende tabel met persentasies van ouers wat ontevrede met die huidige onderwys, of pessimisties oor die rigting wat onderwys inslaan. Dit is dus die kumulatiewe negatiewe persepsies oor die onderwys: 

·                    Wit Afrikaans:     79%

·                    Wit Engels:           70%

·                    Indies:                   78%

·                    Bruin:                    41%

·                    Swart:                   31% 

·                    Alle groepe:          41%

 

Dit is inderdaad ‘n somber prentjie waar vier uit tien ouers in die land of ontevrede met die onderwys is of tevrede is maar ’n verslegting in die stelsel waarneem.

4.      Redes vir, en faktore in, reaksies op die voorsiening van onderwys

Die redes vir ontevredenheid kan miskien die patrone wat hierbo uitgelig is help verklaar. Die spontane response van ontevrede ouers word uiteengesit in tabel 5.

Tabel 5.      Vernaamste redes vir ontevredenheid

Kategorieë van ouers

Vernaamste redes vir ontevredenheid in volgorde van belangrikheid (nota UGO verwys na uitkoms-gebaseerde onderwys)

Swartes

Onkoste, gebrek aan toerusting, UGO verlaag standaarde,

 

oorvol klasse

Kleurlinge

UGO verlaag standaarde, koste, swak dissipline, te veel

 

beleidsveranderings, verkragting, misdaad en dwelms

 

oorvol klasse

Indiërs

UGO verlaag standaarde, koste, standaarde in die algemeen,

 

swak gemotiveerde onderwysers, oorvol klasse,

 

Owerhede nie sensitief vir behoeftes

Wit Afrikaans

UGO verlaag standaarde, koste, standaarde in die algemeen,

 

swak dissipline, te veel veranderings, oorvol klasse,

 

nuwe beleid oor godsdiens onderwys, rassespanning by skole

Wit Engelse

UGO verlaag standaarde, standaarde in die algemeen,

 

te veel veranderings, owerhede nie sensitief vir behoeftes,

 

tekort aan toerusting, swak motivering van onderwysers, kostes

 Die reaksie van minderhede soos deur die meningspeiling aangetoon, is ‘n dramatiese nederlaag vir die onderwysbeplanners wat ouers en ander belanghebbendes probeer oortuig het dat Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) die kwaliteit van skole se uitsette sal verhoog.  Daar is groot ongelukkigheid oor al die hervormings van die leerplan en veranderings van regulasies.  Daar is ook negatiewe kommentaar oor die sensitiwiteit van die owerhede teenoor ouers se behoeftes.  Dit wil voorkom of daar beslis wantroue is in beheerrade se gewilligheid om met ouers raad te pleeg. 

Tabel 5 toon die algemene reaksie van ontevrede ouers aan.  Dit was gevolglik nodig om die ouers se houdings op ‘n meer omvattende wyse te peil ten opsigte van al die vernaamste aangeleenthede in die onderwys.  Reaksies is gevra op ’n hele reeks van spesifieke aangeleenthede wat aan die ouers voorgelę is vir evaluasie.  Hul reaksie op hierdie spesifieke aspekte word in Tabel 6 gegee.  Die fokus is hier op die uitwys van probleemareas en gevolglik word slegs die vlakke van ontevredenheid aangedui.  Die vlakke van tevredenheid is vanselfsprekend die verskil tussen die persentasies wat in die tabel verskyn en 100 persent.

Tabel 6.      Vlakke van ontevredenheid met spesifieke aspekte van onderwys

Aspekte van onderwys

Persentasies van ouers wat baie of redelik ontevrede is of wat gebreke waarneem

Swart

%

Kleurling

%

Indiër

%

Wit Afrikaans

%

Wit Engels

%

Bekostigbaarheid

38

40

67

60

36

Dissipline

28

34

77

67

64

Ouers se motivering

29

34

63

36

41

Kwaliteit onderwyser

23

21

60

27

20

Godsdiens onderwys

32

30

56

49

45

Voertaal

24

17

54

19

28

Toerusting en geriewe

43

25

47

24

15

Tussengroepverhoudinge

34

15

47

23

30

Regerings inmenging

30

27

76

49

60

Respek vir beheerliggame

24

15

43

30

45

Ouerlike betrokkenheid

21

19

31

25

23

Onderwys- en eksamenstandaarde

22

14

58

46

47

Kommunikasie met ouers

23

13

32

26

32

Werksgeleenthede na onderwys

49

42

66

77

63

 Dit moet beklemtoon word dat toe die menings van ouers oor spesifieke sake gepeil is, hulle probleme uitgewys het wat nie prominent in hul spontane antwoorde was nie. Dit is nie omdat hierdie probleme vir hulle minder belangrik is nie, maar eenvoudig omdat die respondente nie alles noem wanneer hulle spontaan die redes vir hul ontevredenheid aandui nie.  Ouers skryf byvoorbeeld hoë vlakke van ontevredenheid met kinders se dissipline nie altyd aan die onderwysstelsel toe nie. Hulle sal dus miskien nie na hierdie spesifieke probleem in hul spontane antwoorde verwys nie.

 Die resultate moet dus gesien word as ‘n algehele reaksie en nie noodwendig een wat spesifiek op die regering se onderwysbeleid en die bestaande onderwysstelsel gerig is nie.  Die laaste item in die tabel, naamlik werksgeleenthede, is byvoorbeeld `n kwessie wat buite die skole lę, maar dit is op twee maniere ter sake:  Ten eerste kan die gebrek aan geleenthede die leerders demotiveer en ten tweede kan die kwaliteit en die tipe van onderwys mense se kanse om werk te kry, bepaal. 

Die verskillende probleme word uitgelig in die lys van items wat hier volg. Agter die item word die kategorie van ouers wat die probleem genoem het, gelys. Die gebrek aan werksgeleenthede word nie hier ingesluit nie, maar die vernaamste ander probleme word in die tabel uitgelig soos hulle deur die verskillende kategorieë van ouers wat die meeste ontevrede is genoem word

 

Items wat meeste ontevredenheid wek, gevolg deur kategorieë van ouers wat die meeste oor die bepaalde aangeleentheid getref word.

¨      Gebrek aan dissipline by leerlinge:  Indiër en blanke ouers

¨      Bekostigbaarheid en kostes:  alle ouers maar Indiërs en Afrikaners in die besonder

¨      Gemotiveerdheid van onderwysers en kwaliteit:  Indiër-ouers

¨      Nuwe beleid oor godsdiensonderrig:  Indiërs en blankes

¨      Voertaal insluitend die taalvaardigheid van onderwysers:  Indiërs

¨      Geriewe en toerusting:  swart en Indiër-ouers

¨      Ras en tussengroepverhoudinge:  Indiër-ouers

¨      Regeringsinmenging:  Indiër- en blanke ouers

¨      Gebrek aan responsiwiteit van beheerliggame:  Indiër- en blanke Engelssprekende ouers

¨      Standaarde van onderwys en uitsette:  Indiër en blanke ouers

 Sekere van hierdie uitslae is verrassend en ons moet veral daarop kommentaar lewer.  Soos reeds gesien is Indiërs die ouers wat in die algemeen die meeste ontevrede is.  ‘n Belangrike rede hiervoor is dat Indiër-ouers gedurende die apartheidsera baie tyd en baie energie in die opbou van hul skole bestee het.  Die kwaliteit van hierdie skole het verbeter tot op ’n punt waar hulle amper gelyk was aan die standaarde van blanke skole. 

Vandag is hierdie skole egter in ‘n buffersone tussen die swart en hoofsaaklik wit woongebiede.  Groot getalle swart leerders het daarheen gestroom en nuwe onderwysers is ook aangestel.  Die hele karakter van hul skole het verander.  Indiër-ouers vertolk nie die probleem in rasseterme nie. Hulle sien hul kinders in `n posisie waar hulle blootgestel word aan ‘n hele reeks sosio-ekonomiese probleme en aan leerders wat heeltemal verskillende lewenstyle het en probleme het om in hul tweede taal te leer.  Die spoed van verandering het klaarblyklik die skole ontwrig wat die ouers gedurende die voor-1994 era ondersteun het.  Die resultate is daar vir almal om te sien. 

Bekommernis oor standaarde en die uitwerking van Uitkomsgebaseerde Onderwys op standaarde is veral ‘n kwessie vir blanke en Indiër-ouers.  Die ouers van kinders in die voorheen gesegregeerde Indiër- en blanke skole kan nie help om op te merk dat hoër grade en hoër simbole baie meer volop geraak het nie.  Op ‘n sekere vlak kan hulle dit verwelkom maar dit wek groot onsekerheid oor die vraag of hul kinders werklik voorberei word vir die harde uitdagings wat voorlę. 

Daar is ook aspekte van die nuwe leerplanne wat kommer wek.  Ouers sien hierdie aspekte as irrelevant vir die soort van beroeps- en akademiese uitdagings wat hul kinders na skool in die gesig sal staar. 

Baie van hierdie ouers is waarskynlik bewus van die uiters swak uitslae van leerders in graad 3 en graad 6 wat toetse in basiese geletterdheid en basies rekenkunde afgelę het. Hulle dra miskien ook kennis van persberigte oor die swak prestasies van Suid-Afrikaanse leerders in internasionale eksamens in wiskunde en wetenskap. 

‘n Mens sou verwag dat Afrikaanssprekende blanke ouers meer kommer oor moedertaal onderrig sou uitspreek.  Die voorheen eksklusiewe Afrikaanse skole het relatief meer swart leerders getrek as voorheen gesegregeerde Engels-medium skole.  Dit kan toegeskryf word aan die feit dat die Afrikaanse skole oor die algemeen meer ruimte het vir nuwe inskrywings, veral omdat daar talle Afrikaanse kinders na Engels-medium skole toe verskuif. (Ongeveer 14 persent vergeleke met `n minimale proporsie voor 1990). Met die toestroming van swart leerders het daar eise vir parallel- medium onderrig gekom en die onderrigtaal van skole het na Engels begin verskuif.  

Die redes vir die gebrek aan kommer oor taal op hierdie tydstip moet gesoek word in die feit dat goedgekwalifiseerde Afrikaanse onderwysers nog steeds daar is.  So lank as wat hierdie onderwysers in staat is om ‘n sekere taal, kultuur en dissipline te handhaaf sal daar nie besondere kommer wees nie.  Ouers is geneig om die invoer van Engels-medium klasse in die skool as ‘n aanwins eerder as ‘n bedreiging te sien.  

Indien dit sou gebeur dat die personeel (en saam daarmee die taal wat hulle as voertaal gebruik) vinnig “getransformeer” word, sal daar ‘n groot styging van die vlakke van kommer en ontevredenheid plaasvind, soortgelyk as dié wat ons tans onder Indiër-ouers sien. In `n tabel wat laer af geplaas word, sal daar gesien word dat 59 persent van die wit Afrikaanse ouers “sterk optrede”voorstaan as daar nie meer moedertaal onderwys beskikbaar is nie. 

Die klagtes oor bekostigbaarheid van ouers wie se huishoudelike inkomste heelwat hoër as die nasionale gemiddelde is, is ‘n verrassing.  Hierdie kommer is egter realisties.  Die vlakke van fooie en addisionele uitgawes in die voormalige Model C skole en in middelklas skole wat parallel-medium onderrig aanbied, het gestyg tot vlakke naby aan dié van privaatskole.  Die ouers mag wel ryker as die gemiddelde ouer wees maar hulle betaal nie net skoolfooie nie maar ook belasting, versekering  en munisipale heffings wat aansienlik bokant die gemiddelde is.

Alledaagse respondente in opnames vind dit soms moeilik om al hulle motiewe en redes te verwoord, juis omdat sekere beweegredes half onbewus ervaar word en nie die mees voor-die-hand liggende antwoord op ‘n vraag sal wees nie. Daarom moet ‘n verdere vlak van motiewe in indirekte aanduidings gesoek word.

Ons moet dus die vlakke van tevredenheid met onderwys met reaksies op spesifieke aangeleenthede in die onderwys korreleer. Waar die verband tussen algemene ontevredenheid en ‘n meer spesifieke klagte sterk is, dui dit dikwels op redes vir algemene frustrasie wat nie maklik in die direkte vrae hierbo uitgedruk is nie. 

In tabel 7 word die resultate van die korrelasies van algemene en spesifieke ontevredenheid teenoor mekaar weergegee met ‘n onderskeid tussen sterk, matige en swak korrelasies (volgende bladsy).

 Tabel 7.          Vlakke van assosiasie (korrelasie) tussen algemene ontevredenheid en sterk ontevredenheid met spesifieke aangeleenthede in die onderwys

Sterk verband met algemene ontevredenheid

Matige verband 

Swak of geen verband

Wit Afrikaanse ouers 

Dissipline/geesdrif  onder  leerders

Standaarde

Respek vir Moedertaal-onderrig 

Godsdiensbeleid

Gehalte van leerkragte

Werksgeleenthede na skool

Bemoeiing deur regering 

Toerusting en fasilitieite

Kommunikasie met ouers

Bekostigbaarheid 

Geesdrif by Leerkragte

Belangstelling onder ouers 

Rasse verhoudinge

Regeringsrespek vir skool  beheerliggame

 

Wit Engelse ouers 

Standaarde

Belangstelling onder ouers

Bekostigbaarheid 

Werksgeleenthede na skool

Regeringsrespek vir skool  beheerliggame

Kommunikasie met ouers

Geesdrif by leerkragte

Dissipline/geesdrif by leerders

Toerusting en fasiliteite  

Gehalte van leerkragte

Rasse verhoudinge

Bemoeiing deur regering 

 

 

Godsdiensbeleid

 

 

Moedertaal-onderrig l

Indiër ouers

Gehalte van leerkragte

Kommunikasie met ouers

Regeringsrespek vir skool  beheerliggame

Bemoeiing deur regering 

Belangstelling onder ouers

Werksgeleenthede na skool

Godsdiensbeleid 

 

Geesdrif by leerkragte

Moedertaal onderrig

 

 

Rasseverhoudinge

 

 

Toerusting en fasiliteite

 

 

Bemoeiing deur regering 

 

 

Standaarde

 

 

Dissipline/Geesdrif  onder leerders

 

 

Bruin ouers 

Belangstelling onder ouers

Bekostigbaarheid

Godsdiensbeleid 

Werkgeleenthede na skoolverlating  

Toerusting en fasiliteite

Moerdertaal-onderrig

Kommunikasie met ouers

Rasseverhoudinge

Bemoeiing deur die regering

Dissipline en geesdrif onder leerders

 

 

Gehalte van leerkragte

 

 

Regeringsrespek vir beheerliggame

 

 

Geesdrif onder leerkragte

 

 

Standaarde

 

 

Swart ouers 

Toerusting en fasiliteite

Bemoeiing deur die regering

Geesdrif onder leerkragte

Werkgeleenthede na skoolverlating

Dissipline en geesdrif onder leerders

Gehalte van leerkragte

 Godsdiensbeleid

 

Moedertaal-onderrig

 Bekostigbaarheid

 

Standaarde

 

 

Kommunikasie met ouers 

 

 

Regering se respek vir beheerliggame

 

 

Belangstelling onder ouers 

 

 

Rasseverhoudinge

 

 Indien die resultate van die oefening hierbo met die redes wat ouers self vir hulle ontevredenheid aanbied bymekaar gebring word, dan blyk die volgende faktore die heel beduidendste te wees in die veroorsaking van ontevredenheid met die onderwys onder ouers: tabel 8.

Tabel 8.           Rangorde van belangrikheid van faktore wat ontevredenheid met die onderwys onder ouers skep

Kategorieë van ouers

Vernaamste faktore wat tot ontevredenheid  en negatiewe persepsies van die onderwys onder ouers lei (nota UGO verwys na uitkoms-gebaseerde onderwys)

Swartes

Onkoste, gebrek aan toerusting, UGO, Oorvol klasse 

 

Godsdiensbeleid, Geleenthede na skoolverlating

 

 

Kleurlinge

UGO, Onkoste, swak dissipline/gedrag, geleenthede na skoolverlating, Interaksie met ouers/beheerliggame  

 

Gehalte/motivering van leerkragte, Oorvol klasse,   

 

 

Indiërs

UGO, Onkoste, Standaarde in die algemeen,  Gehalte van Leerkragte, Regering onsensitief/bemoeiing

 

Oorvol klasse, Toerusting en fasiliteite, Kultuur en Godsdiens, Rasseverhoudinge,  

 

 

Wit Afrikaans

UGO, Swak dissipline, Bemoeiing  deur regering/ /veranderinge, Godsdiensbeleid   

 

Onkoste,  Oorvol klasse, Rassespanning, Standaarde 

 

 

Wit Engelse

UGO, Standaarde,  Werksgeleenthede na skoolverlating,  Leerkrag motivering 

 

Gehalte  van leerkragte, Dissipline by leerders,Regering onsensitief teenoor beheerliggame,  Onkoste 

 

Die patroon wat hierbo aangedui word, is ’n aanduiding daarvan dat die probleme van ouers nie met hul groepsidentiteite te make het nie. Daar is beduidende gemeenskaplikheid tussen groepe. Die verskille is eerder aan sosio-ekonomiese stand gekoppel as aan enige strewe om die bevoordeling van voor 1990 te herstel.

In besonder is daar onder die oorwegend laer middelklas/middelklas groepe (wit Afrikaners, Engelse, Indiërs),  ’n gemeenskaplike bekommernis oor standaarde (ietwat minder onder Afrikaners). Die ouers is in feite angsbevange dat hulle kinders ’n agterstand sal ontwikkel wat hulle toekoms-moontlikhede sal belemmer. Teen die agtergrond van hierdie sensitiwiteit het Uitkoms Gebaseerde Onderwys hulle diep geskud.

Die beplanners is wel oortuig van die voordele van UGO, en dit het wel voordele in die sin dat die geroetineerde tradisionele benaderings kinders nie tot selfstandige denke en die toepassing van wat geleer word op die werklike lewe gestimuleer het nie. In die tipiese middelklas skool met kinders wat in hul gesinsverband gestimuleer word, is daar ’n mindere behoefte aan UGO. Selfs in die ou stelsel sou ’n goeie onderwyser met wakker leerders talle geleenthede gevind om buite die leerplan die kinders se belangstelling te wek. Geen werklik goeie leerkrag sou homself of haarself laat vasbind deur ’n leerplan nie.

Middelklas ouers neig nie juis beďndruk te wees met die invoer van UGO in hul soort skole nie. UGO wek kommer dat die basiese somme, grammatika en lees- en skryf- vaardighede verwaarloos sal word (wat nie noodwendig die geval is nie maar wel ‘n vrees).  Met hierdie sensitiwiteite sou die wyse weg vir die regering gewees het om die kenmerke en tegnieke van UGO met die bestaande leerplanne en onderwystegnieke te versoen. Met tyd sou die UGO leerplan al hoe meer aanvaarbaar begin word het, en al die stres en foute met die haastige instelling van die nuwe stelsel sou vermy kon geword het.

Die ironie van die saak is dat hoewel die middelklas skole die nuwe stelsel nie altyd verwelkom het nie, hulle leerkragte met veel groter gemak die nuwe stelsel kan hanteer as wat die geval by die arm skole is. Uiteindelik sal UGO die verskille in skoolprestasies tussen die middelklas en arm skole verbreed.

Die nuwe godsdiensbeleid is heelwat versag na vertoë aan die regering, maar hier is nog ‘n geval waar die regering gesien is om die behoeftes en sensitiwiteite van ouers en skole te minag. Goeie skole het jare reeds voorsiening gemaak vir godsdienstige  minderhede sonder dat die vrees geskep is dat ander gelowe op die kinders afgedwing sou word.

Die vrese oor minder gekwalifiseerde leerkragte hou veral verband daarmee dat skole al hoe minder keuse het oor wie aangestel sal word, veral waar die ouers nie self die salaris betaal nie.

Die meeste van die probleme wat ouers met die beleid het, afgesien van die hulpbronprobleme by arm skole, word geskep deur die styl van die administrasie, waarvolgens beleid sentraal geformuleer word en daarna op die skole afgedwing is. Hierdie soort “transformasie” breek al die reëls van deskundige hervorming, en, soos reeds gesę, druis dit in teen die natuurlike regte van ouers en die sin van  verantwoordelikheid wat  goeie onderwysers het. Die tegnieke van rewolusies werk nooit goed in stabiele stelsels nie. Die “deskundiges” wat raad gegee het oor die nuwe stelsels was seer sekerlik idealisties, maar net nie deskundig genoeg nie.   

5.    Moedertaal onderrig

Een van die verrassings in die bevindinge hierbo is dat wit Afrikaanssprekendes blykbaar nie besonder begaan is oor die druk wat op Afrikaanse moedertaalonderrig deur die nuwe departementele beleid geplaas word nie. Ons het in die vorige deel van hierdie verslag geoordeel dat die implikasies van die nuwe beleid nog nie tot die ouers toe deurgesypel het nie, omdat die bestaande personeel in skole wat tans parallelmedium onderrig bied die taalkarakter van die skole (of meeste daarvan) beskerm.

Met die oog op die toekoms is dit nodig om hierdie vraagstuk ’n bietjie verder te verken. In tabel 9 word die antwoorde of ’n vraag oor die belangrikheid van moedertaal onderrig uiteengesit.

Tabel 9.           Antwoorde op ’n vraag oor die belangrikheid van moedertaal-onderrig   

Die tabel wys dat alle dele van die bevolking hul moedertale hoog waardeer. Wit Afrikaners het die grootste waardering, gevolg deur bruinmense (ook oorwegend Afrikaanssprekend) met die ander groepe op ’n effens laer vlak van waardering.

Die vraag wat ons gestel het,  is egter ’n waardestelling, en die antwoorde daarop kan of baie ernstig of oppervlakkig wees. Ons merk in die tabel dat die sprekers van inheemse Afrikatale ook aansienlike waarde aan hul moedertale heg maar in die resultate in die vorige hoofstuk het slegs enkeles die beperkte geleenthede vir moedertaal-onderrig op senior vlak as ’n probleem genoem, net soos die geval by Afrikaners. Die antwoorde in tabel 9 skyn dus wel baie oppervlakkig te wees.

In tabel 10 word die reaksies op ’n opvolgvraag oor die redes vir die belangrikheid van moedertaal-onderrig weergegee.

Tabel 10.   Redes waarom moedertaal-onderrig belangrik is of nie 

Die antwoorde is interessant in die sin dat Indiërs blykbaar groter waarde heg aan hul kultuurerfenis as ander groepe ondanks die feit dat die Indiese tale redelik min deur die jonger en middeljarige geruik word. Die eintlike “moedertaal” is vandag Engels, maar wel met ’n bepaalde idiomatiese vorm. Verder gee die antwoorde min aanduiding van die faktore agter die antwoordpatrone tot dusver.

In tabel 11 kom ons egter nader aan die werklike motiewe. Die vraag is gestel oor wat die reaksies sou wees indien moedertaal-onderrig nie meer beskikbaar sou wees nie, en die respondente is antwoord-alternatiewe aangebied, met die keuse onder andere dat daar meer betaal word vir moedertaal–onderrig

Tabel 11.   Wat sou die reaksies wees indien moedertaal onderwys nie meer beskikbaar sou wees nie

Die mees intense reaksies kom weer van Indiërs, en alhoewel hulle nie beduidend meer bereid sou wees as ander groepe om meer te betaal nie, is hulle die fermste oor die behoefte aan sterk aksie om die taal te beskerm. Onthou dat die taal wat beskerm sou word Engels of ’n bepaalde soort Engels is. Afrikaners is nie beduidend meer intens as wat die Engelssprekende witmense is nie, en in laasgenoemde is daar geen rede om intens te wees nie,  gegee die baie veilige en sterker wordende posisie van Engels in Suid Afrika.

 ’n Mens moet dus die hipotese maak dat, hipoteties gesproke, slegs die Indiërs baie intens voel oor ’n taalkwessies in die onderwys, en dit is waarskynlik omdat Indiërs onder druk geplaas is deur ’n toestroming van Zulu-sprekende leerders na hul gemeenskapskole toe. Afrikaners en die Engelssprekende witmense voel ongeveer ewe toegewy aan die moedertaal, ondanks die feit dat Afrikaans onder baie meer ernstige bedreiging as Engels verkeer. Relatief baie min mense sou geldelike opofferings maak vir die behoud van moedertaal-onderrig. 

Die redes hiervoor sien ons in die volgende tabel (12). Hier word die antwoorde gegee op ’n vraag oor reaksies op die toenemende gebruik van Engels. Die vraag is slegs op nie-Engelssprekendes van toepassing

Tabel 12.   Hoe ouers op die toenemende gebruik van Engels in die onderwys reageer: oop vraag  

In die tabel sien ons dat daar wel meer van ’n sin van bedreiging onder wit Afrikaners voorkom, in die sin dat 17% voel dat protes daarteen aangeteken behoort te word, en dat bykans die helfte sou voel dat hul kultuur ondermyn word. Onder die swart en bruin groepe is die mening baie sterk dat die gebruik van Engels in die kind se belang is, of sou wees.

Die antwoorde hierbo onder wit Afrikaanssprekendes dui dan uiteindelik op ‘n mate van potensiële ontferming oor die toekoms van Afrikaans as voertaal in die onderwys. Soos reeds gesę, hulle huidige rustigheid is in ’n groot mate aan onbewustheid van die gevare waaronder die taal verkeer, en die resultate in tabel 12 gee die duidelike aanduiding dat taalaktivisme wel `n besliste moontlikheid is wanneer die implikasies van die huidige wendinge begin deurdring.    
6.      Leerkrag-voorsiening in die toekoms

Die situasie van Afrikaans as onderwystaal, asook van die soort Engels wat die wit Engelssprekende en Indiërouers aan gewoond is, word verder bedreig deur die feit dat skool-loopbane al hoe minder studente na die onderwys aanlok.  Alhoewel  menings daaroor verskil en sommige amptenare blykbaar minder ongerus daaroor voel, kan voorspel word dat ’n tekorte van sekere soort onderwysers in die toekoms ’n beduidende probleem gaan word.

Daarom is daar hieroor ’n vraag in die opname gestel – daar is direk gevra waarom die onderwys minder gewild as loopbaankeuse word. Die reaksies op die vraag verskyn in tabel 13a en b.

Tabel 13a.       Redes waarom ‘n loopbaan in die onderwys al hoe minder gewild word (alle groepe)

 

Die reaksies toon dat daar ‘n baie sterk mening posgevat het dat daar tans ’n ooraanbod van leerkragte op die mark is. Dit is wel die geval met onderwysers wat mindere kwalifikasies het of beperkte vakke kan aanbied, en dit is veral ’n probleem in die swart gemeenskap. Daar behoort dus veel meer publisiteit gegee te word aan die tekorte aan leerkragte in wiskunde, wetenskap en sekere ander spesifieke vakrigtings, insluitende sekere tale soos Afrikaans.

Tabel 13b gee dieselfde reaksies onder minderhede.

Tabel 13b.       Redes waarom ‘n loopbaan in die onderwys al hoe minder gewild word (slegs onder minderhede)

Hier sien ons dat die probleem van ooraanbod minder belangrik onder minderhede is en dat die salarisse `n wesenlike probleem is onder wittes, Indiërs en bruinmense is. Dit is ook merkwaardig dat gebrek aan dissipline en leerders se optrede teenoor leerkragte deur12 % van die respondente genoem word.

In die lig van die reaksies van die departement op die onlangse looneis-aksies van die onderwysvakbonde kan daar seker min algemene verligting van die salariskwessie in die nabye toekoms verwag word. Daar is egter ’n behoefte om tekorte aan sekere soorte onderwysers aan te spreek, en daarom behoort aandag aan die moontlikheid van spesiale aanpassings vir sekere gespesialiseerde onderwysers gegee te word.  

6.    Bespreking

Die uitslae wat hier bespreek word, is nie die volle inhoud van die ondersoek nie, maar dit belig die belangrikste kwessies van die huidige stand van onderwys.  Die eerste algemene punt is dat die patroon van snelle onderwystransformasie (veel meer as hervorming) baie ouers met groot kommer gelaat het oor wat hulle noem “eksperimente met die beleid”.  Hierdie bekommerde ouers sou hervormings aanvaar en selfs verwelkom indien hulle oortuig is dat die gevolge voordelig is en dat hulle deur hul kontak met die beheerliggame en skole die prosesse sou kan beheer. Veral die onduidelike doelstellings van nuwe planne wek kommer by ouers.  

Een van die redes hiervoor is dat die beleidsprosesse en gepaardgaande debat oor beleid voor die invoer van veranderings  dikwels in ‘n terminologie gevoer wat vreemd is vir almal behalwe nagraadse studente aan “progressiewe” universiteite.  Ouers word nie maklik gekul nie en baie van hulle het genoeg insig om die breedsprakigheid van die beleidmakers te bevraagteken.

Ouers, en veral beter opgeleide ouers, is byvoorbeeld nie baie beďndruk met die invoer van leerplanne wat lewensvaardighede en sosiale betrokkenheid probeer oorplant.  Hulle voel dat hulle net so goed gekwalifiseerd is as ‘n pas afgestudeerde onderwyser om hierdie insigte aan hulle kinders oor te dra.  Indien hulle agterkom dat hierdie “sagte” vakke tyd wegneem van die onderrig van kernvaardighede in lees, skryf en konseptualisering, die ontwikkeling van begripsvermoë en vordering in kwantitatiewe vakke sal die ouers natuurlik groot ontevredenheid voel. Baie studies het al aangetoon dat min skole kan kompeteer in die ontwikkeling van sosiale vaardighede en insigte met ‘n huislike omgewing met voldoende bates, leesstof  en stimulerende aktiwiteite.

Dan is daar die groot vraag:  “Wat is die onderliggende doel van onderwys?”  Ouers wie se kinders in gewone skole is, sien dikwels die doel van onderwys as iets wat hulle in staat stel om sekere spesifieke vaardighede te verwerf eerder as dat die kind op ‘n bepaalde manier “gevorm” word.  Diegene wat laasgenoemde verlang, is bereid om baie hoë fooie te betaal vir duur privaatskole wat lang kulturele en klassetradisies het. 

Regerings oor die hele węreld heen vind dit moeilik om die versoeking te vermy om onderwys te gebruik vir take wat wyer uitkring as die spesifieke take van skoolonderwys, naamlik nasionale ontwikkeling, nasiebou en soms die vorming van toekomstige burgers rondom bepaalde ideologiese of idealistiese doelstellings. Ouers aan die ander kant voel dat die ideologiese vorming van hul kinders suiwer hul eie saak behoort te wees.   

Die debat tussen hierdie twee benaderings sal nooit besleg word nie, tensy een basiese feit erken word: kinders of leerders “behoort” nie aan die staat om te “vorm” of om mee te eksperimenteer nie.  Van groter belang as die ideologiese obsessies van enige “progressiewe” beleidmakers is die feit dat die skool maar net ‘n tydelike uitbreiding van die familie is en dat die ouers se standpunte en behoeftes gerespekteer moet word omdat hulle ‘n natuurlike en onvervreembare reg het om te besluit wat vir hulle eie kinders goed is.  Nie al die respondente kon hierdie oortuigings verwoord nie maar dit is deels hierdie vrese wat agter die weerstand teen Uitkoms Gebaseerde Onderwys sit. Terwyl die regering die leerders op skool wil vorm, vervreem hulle baie ouers in die proses.  

In die inleiding is F.D.R. Roosevelt aangehaal oor die implikasie dat onkritiese volgelinge in die politiek gewoonlik die gehalte van regering kry wat hulle naďewiteit ryklik verdien. Dit is inderdaad ’n wesenlike gevaar in ‘n opset waar die regering twee-derdes of meer van die steun in verkiesings wen. Regerings wat onder die indruk verkeer dat ’n meerderheid agter hulle staan, is natuurlik geneig om teenkanting as ‘n afwyking te sien, of in ons geval, as verskuilde of openlike rassisme. In hierdie verband is ons bevindinge baie belangrik.

Die opname toon dat daar wel ‘n gevoel van tevredenheid oor die onderwys by die meerderheid van die bevolking is. Oppervlakkig gesien is dit ’n weerspieëling van die breër politiek. Verdere ontleding het egter getoon dat daar baie mense is wat wel nog tevrede is maar wat meen dat die onderwys besig is om te versleg. Indien hierdie mense by die ontevredenes gevoeg word, blyk dit dat 40% van die hele bevolking voorbehoude het oor die onderwys.

Geen regering kan gelukkig of rustig voel met so ’n vlak van huiwering oor ’n kerndeel van sy program nie. Daar kan ook onmiddellik bygevoeg word dat meeste van die huiwering by beter opgeleide en meer sosio-ekonomies gevorderde mense getref is. Onder Indiërs, bruinmense en swartmense kom die meer gesofistikeerde bevraagtekening van die onderwysbeleid ook onder regeringondersteuners voor.

Die ANC regering is al oor baie aspekte van sy breë benadering in die politiek gelukgewens. Een van die kenmerke wat ons ook gerusstel is die feit dat die regering nie geneig is om oppervlakkige populistiese ondersteuning te soek nie, en dat hulle by tye die moed gehad het om ongewilde maar nodige besluite te neem. Ons sal graag dieselfde benadering ten opsigte van die onderwys wil sien.

Uit die opname wil dit voorkom asof die grootste tevredenheid met die onderwys onder die minder ingeligte lede van die bevolking gevind word, en veral onder mense wat klaarblyklik nie veel uit die akademiese onderwys sal put nie omdat hulle behoeftes veel eerder op praktiese beroepsopleiding gefokus is.

Die word het egter versprei dat die regering nie alleen die koste van die onderwys vir arm mense wil verlig nie (’n baie goeie doelstelling) maar dat hy ook nie huiwer om soveel plekke as moontlik vir arm kinders by middelklas skole te vind nie. In die openbare stelsel is dit juis die ou Model C-skole wat die suksesvolle kandidate onder alle rasse in Hoë Graad wiskunde, wetenskap en tale lewer. (In die Wes-Kaap lewer hierdie skole 99% van die suksesvolle swart kandidate in hierdie vakke.)

Die skole kan maklik oorlaai word en die skade aan die leerklimaat en kultuur sal uiteindelik die ekonomie baie skade aanrig. Dit is ook die “inprop” van leerders in doeltreffende skole wat baie van die klagtes van ouers veroorsaak. In die mate wat dit gebeur, kom dit neer op ’n populistiese gebaar met ernstige implikasies vir die doeltreffendste dele van die stelsel.

Die resultate van die ondersoek dui daarop dat indien die regering sou besluit om die middelklas skole nie maksimaal maar optimaal te gebruik om sy diens te verbreed, met respek vir die leerklimaat en die taalbehoeftes van die bestaande leerders, heelwat van die onsekerheid oor die onderwys onder kritici verlig sou word. Die resultate van die opname wys terloops ook daarop dat baie swart leerders oor die algemeen gelukkig in Afrikaanse skole is –die invoer van Engelse klasse hoef nie noodwendig op integrasie te volg nie. Indien so ’n benadering met minder drastiese herstrukturering van leerplanne en stelsels gepaard sou gaan, sou baie van die huidige teenkanting deur minderhede begin afneem.

Die belangrikste les vir enige regering is egter dat onderwyshervorming altyd baie versigtig benader behoort te word, deels omdat hervorming so dikwels kan skeefloop, maar hoofsaaklik omdat kinders nie belastingbetalers is nie – hulle behoort nie aan enige staat nie.

`n Slotwoord oor Afrikaans as voertaal

Op die oomblik is die Afrikaanse ouers nog redelik gerus oor die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal. Hulle is  ook nie bereid om ekstra daarvoor te betaal  nie. `n Derde van ouers is ten gunste van die invoer van Engels in `n instelling. Daar egter twee-derdes van die ouers wat dit as `n inbreuk op hul regte en kultuur en Afrikaanse leerders se opvoedkundige belang beskou.

 Tans is daar talle mense in die Afrikaanse geledere wat die gevare van die invoer van Engels onderskat. Hulle ignoreer die feit dat wanneer Engels ingebring word in `n instelling oor die langer duur omtrent altyd die kleiner taal sal uitdruk.  Hulle sal waarskynlik eers wanneer Afrikaanse moedertaal onderrig nie meer beskikbaar is nie, protesteer of spyt uitspreek (en sommige sal apartheid daarvoor blameer). Dit wil dus voorkom dat die ou patroon homself weer openbaar: mense skrik  eers wanneer `n probleem van oorweldigende aard is. Al alternatief is om nou erosiewalle te bou om te verhoed dat die erfenis van Afrikaans met verloop van tyd wegspoel.

 Daar is veral twee gebiede waar kwessies van deurslaggewende belang in die volgende vyf jare besleg sal word. Die een is voldoende beheer oor die skole deur middel van beheerliggame. Hierdie stryd sal in die volgende jaar in die Parlement woed.  Die ander is die opleiding van voldoende knap wetenskap-en wiskunde onderwysers om te verseker dat die  regeringskole wat Afrikaans as voertaal gebruik mededingend bly. Hierdie twee sake is van deurslaggewende belang vir die toekoms van Afrikaans.                        

                                                Bylae

                   Tegniese Aspekte van die Meningsopname

Betroubare landwye opnames wat op persoonlike onderhoude gebaseer word is peperduur, en daarom het die outeurs besluit om ruimte te “koop” op ’n gevestigde en gereelde gesindikeerde opname-instrument: die MarkData  kwartaallikse Omnibus. Hierdie diens bied ’n 40% kostebesparing en het die voordeel van ’n baie goed beproefde nasionale steekproef wat statistiese betroubaarheid en vergelykbaarheid oor tyd heen ook  bied.

Eers word sensus opnemer gebiede in die strata ingedeel. Elke stratum is ’n aparte sub-steekproef . Daar is 10 strata wat die volle sosio-ekonomiese, etniese, residensiële en sosio-geografiese verskeidenheid van die land dek. Dus word die gepaste verskeidenheid en verteenwoordiging in die seleksie van huishoudings verseker. Die strata word saamgevoeg om die finale steekproef te vorm, wat dan ook daarna rekenaarmatig geweeg word om te verseker dat die verspreiding van sleutelkenmerke streng binne die bevolkingspatrroon bly. 

Die seleksie van persele vind op ’n ewekansige basis binne die gekose opnemergebiede plaas. Binne elke perseel word huishoudings geselekteer, en binne elke huishouding die gepaste soort respondent; of ewekansig of, in die geval van die huidige studie, ’n ouer met ’n kind of kinders op skool. In die steekproef van 2250 huishoudings is 1450 ouers met kinders op skool ewekansig geselekteer (die oorblywende huishoudings was of sonder kinders in die onderwys of die van enkellopendes).

Die vraeboog is deur die skrywers opgestel na raadpleging met onderwyskundiges, onder andere dr. Huw Davies, Clive Roos en Monica Bot. Na opleiding van die onderhoudvoerder-spanne is die veldwerk deur MarkData (Edms) Bpk uitgevoer, wat ook die rekenarisering van die response behartig het. Die kategorisering van antwoorde is deur mede-outeur Schlemmer behartig vir die rekenarisering. As skrywers neem ons verantwoordelikheid vir die vertolkings van die bevindinge in hierdie en ander verslae. 

Terug boontoe

Onderwys Navorsing

Tuisblad 

 

Medewerkers

AGV


Klopnet


TABOK

 

 

Webmeester