|
|
Swak
en sterk punte van die ou en nuwe onderwysstelsel met spesiale verwysing na
die behoefte aan verdere hervorming
ONDERWYSKONGRESVERSLAG
1.
INLEIDING
1.1
AGTERGROND ‘n
Inisiatief van Herman Giliomee, Lawrence Schlemmer en andere het uitgeloop op
‘n onderwyskongres wat gehou is in Stellenbosch in Junie 2004. Die kongres was
die gevolg van ‘n persepsie onder verskeie waarnemers en onderwysbetrokkenes
dat die onderwys in die RSA in krisis is, maar dat veral onderwys soos dit die
Afrikaanssprekendes raak, veld verloor en in gehalte agteruitgaan. Hierdie
verslag is ‘n poging om ‘n samevatting van die bevindings van die
onderwyskongres te gee, maar, omdat empiriese gegewens skaars is, min van die
probleemareas grondig nagevors is en omdat alle fasette van die probleem nie
volledig tydens die kongres uitgepluis kon word nie, word aanvullende sake
aangeroer. Die verslag probeer ook praktiese voorstelle maak om van die probleme
aan te spreek. Die
verslag doen hom gevolglik nie voor as ‘n wetenskaplike verslag nie.
Veeleerder is dit ‘n spekulatiewe beredenering wat op gesonde opvoedkundige
teorie berus. Die
empiriese gedeelte van die verslag sal die volgende dek: · ‘n Kort historiese oorsig om te bepaal waarom die stand van sake is soos dit is. · Die wetgewende raamwerk · Nuwe beleidsinisiatiewe Ø Taalbeleid Ø Toelatingsbeleid Ø Kurrikulum beleid en didaktiese praktyk Ø Norme en standaarde Ø Perifêre sake · Die inrigtings soos gebeure en beleid op hulle geimpakteer het Ø Voorskoolse onderwys Ø Skole Ø Hoëronderwys Ø Onderwysersopleiding · Gesindhede van gebruiksgroepe ·
Die problematiek rondom Kleurlingonderwys. In die volgende gedeelte sal ‘n poging aangewend word om gesonde, teoreties verantwoorde praktyk te identifiseer asook die stappe wat nodig is om dit ten uitvoer te bring. In die
slotgedeelte van die verslag word instansies wat benodig word, met hulle
geprojekteerde funksies aanbeveel. 1.2 TERMINOLOGIE Daar is
politieke wetenskaplikes wat argumenteer dat groepsbegrippe geen plek het in
akademiese diskoers nie en dat individue die eenhede is wat ook in analise as
grondslag gebruik moet word. Nogtans is die gebruik dwarsdeur die wêreld om
groepname te gebruik waar kollektief van versamelings mense wat eienskappe deel,
gepraat word. Die huidige regering doen dit in die versameling van statistiek en
hierdie gebruik word hier sonder verskoning aangewend.
2.
EMPIRIESE GEGEWES
2.1
HISTORIESE OORSIG
2.1.1 Die einde van die
ou bedeling: Die
periode tussen die 1984-grondwet en die nuwe orde is gekenmerk deur pogings om
die status quo so ver moontlik in
stand te hou. Daar was ‘n onwilligheid om die stappe te doen wat
voor-die-hand-liggend was, soos om toelatingsbeleid op skool en naskoolse vlakke
te liberaliseer en dit was maar in die finale paar jaar dat ‘n tienjaarplan
opgestel is om onderwysbesteding oor groepsgrense gelyk te maak. Hierdie plan
het nie geslaag nie omdat die politieke wil nie bestaan het nie en die
steunbasis vir die nodige finansiële opofferings nie bestaan het nie. Daar was
min voorbereiding van die gemeenskappe vir nuwe toelatingsbeleid,
finansieringsgrondslae of personeelbeleid wat by ordewisseling moes kom. Die skolestelsel Die enkele
positiewe bydrae in hierdie era was die implementering van die skoolmodelle. Die
model-C skool is die enkel mees effektiewe meganisme in die behoud van breë
onderwysgehalte sedertdien. Die model het egter leemtes gehad (die modelle is
slegs in die blanke skolestelsel ingevoer; ouerbeheer oor toelatingsbeleid en
personeelaanstellings kon – en is - gebruik om skole wit te hou) wat dit die
natuurlike teiken gemaak het van die nuwe regering, sodat die langtermyneffek
minder was as wat dit kon gewees het. Die enkele
belangrikste rede vir die sukses van dié skole is dat die model skole
bestuursmatig vry gemaak het van staatsbeheer en die verantwoordelikheid vir
gehalte geplaas het in die hande van die ouergemeenskap, die wetlike
eindgebruiker. Hoëronderwys Die gebrek
aan politieke wil tot verandering was ook hier sigbaar. In die laat tagtigerjare
is rasse-eksklusiwiteit nog probeer handhaaf deur ‘n kwotabeleid aan
universiteite – ‘n poging wat in die howe gesneuwel het. Onderwysersopleiding
‘n
Verdere voorbeeld van veranderings-traagheid was die poging vanuit die amptenary
om onderwyskolleges op ‘n gesonde grondslag te plaas deur hulle
bestuursoutonomie te gee en die stelsel te rasionaliseer. Daar was te veel
kolleges. Hulle opleiding was veel duurder as enige ander vergelykbare opleiding
en hulle kon op die duur nie bekostig word nie. Hierdie poging is nie ondersteun
deur òf die kolleges, òf die senior onderwysbestuur, òf die politieke
besluitnemers nie en het gefaal. Oplaas is enkele kolleges “gered” deur
hulle met hulle voog-universiteite te amalgameer. Bates:
Die ou
stelsel het bepaalde bates nagelaat: · Die skole in die ou blanke en Indiërsubstelsels was voortreflik. In swart en kleurlingsektore was daar reeds inrigtings van hoë gehalte. Skooluitestte vir alle groepe het oor die algmeen ‘n stygende tendens gehandhaaf. Matrikulante is bykans dwars oor die wêreld vir hoëronderwys aanvaar sonder aanvullende programme. · Geen van die universiteite was, wat navorsing betref, ‘n inrigting wat met die bestes ter wêreld kon meeding nie, maar hulle was goeie voorgraadse skole en Suid-Afrikaanse studente is geredelik sonder aanvullende studie tot nagraadse studie toegelaat. · Tot voor die laaste paar jaar van die struggle was onderwysers in professionele organisasies saamgesnoer en sowel dissipline as algemene motivering was goed. ·
Institusionele outonomie is vergroot. Laste:
Die stelsel het verskeie laste gahad: · Die stelsel is nie as legitiem aanvaar deur die meerderheid van die bevolking nie. · Toegang tot onderwys, maar veral die beste skole en hoëronderwys inrigtings, was uiters beperk. · Groot gedeeltes van die stelsel is, ondanks die tienjaarplan vir onderwysgelykheid, onderbefonds. · Die stelsel was primêr ingestel op universiteitstoelating en het nie afstuderendes toegerus vir die arbeidsmark nie. ·
Moedertaalonderwys is nie werklik gestimuleer nie, met die gevolg dat
groot getalle mileugestremde kandidate uitgesak het. 2.1.2
Die nuwe bedeling Die nuwe
bedeling is ten nouste beinvloed deur vier faktore: · Marxisme · Die gelykheidsdrang · Nie-toepaslike onderwyskundige ideologieë ·
Personeelbeleid. Marxisme Gedurende
die apartheidsjare was Brittanje en die Skandinawiese lande weliswaar
toevlugsoorde vir die ANC-leiding, maar dit is veral Rusland wat weens die koue
oorlog as beskermheer van die ANC gefunksioneer het. Hierdie gegewenes het in
nuwe onderwysbeleid die deurslag gegee. Onderlinge
groepsverhoudinge is aanvanklik gelees in terme van ‘n klassestryd sodat die
ou middelstand (wit) as die primêre vyand gesien is. Veral die Afrikaner en
Afrikaanse instellings is gevolglik geteiken. Wat die
ontwikkelingsgang van die nuwe orde betref, is geglo dat die nuwe nie uit die
oue kon onstaan nie, maar dat die oue by voorkeur gedekonstrueer moes word
voordat die nuwe in sy plek kon verrys. Ook inrigtings moes gedekonstrueer word.
Die Universiteit van Fort Hare (Bengu – die eerste onderwyminister) die
Universiteit van die Noorde (Manganje – die eerste onderwys-DG) was altwee
slagoffers hiervan. Hierdie inrigtings moes eers afgetakel word en dan verdwyn. Selfs
terminologie moes verander. Die skooljare is vernoem. Standerds het grade
geword. Leerlinge – leerders. In die meeste gevalle was die naamveranderings
nie funksioneel nie – bloot kosmeties en duur. Wat betref
stelselhervorming, het Britse en Skandinawiese denke ‘n groot invloed gehad
– ‘n invloed wat met die val van die kommunisme as denkmodel versterk is. In
baie gevalle was hierdie nuwe modelle nie toepaslik nie, omdat die
Suid-Afrikaase samelewing op ‘n ander vlak van ontwikkeling was en in ‘n
ander omgewing gefunksioneer het as die betrokke modelsamelewing.
In latere besprekings sal die uitwerking van hierdie invloede verder
ontrafel word. Die gelykheidsdrang Die
gelykheidsdrang was nie bloot ‘n reaksie op die onderdrukking wat ervaar is in
die apartheidsjare nie. Dit was ook integrale deel van die breë strewe na
gelykheid wat wêreldwyd kenmerk was van politieke ontwikkelings in die tweede
helfte van die twintigste eeu. Dit het ook goed gepas by die nie-individualisme
van ubuntu. Hierdie drang het veral ingespeel op die toelatingsbeleid en
personeelbeleid wat in onderwysinrigtings gevolg moet word. Daar moet op gelet
word dat gelykheid in die onderwys in die meeste liberale demokrasieë gelees
word as gelyke geleentheid, terwyl die meeste sosialistiese stelsels oorhel na
gelyke uitkomste. Aanvanklik was die aandrang op gelyke uitkomste. Die
uitwerking van hierdie drang is vergroot deur die aanvaarding dat individue wat
in die vorige bedeling benadeel is, in die nuwe deur beplande beleidsintervensie
voorkeur moes kry. ‘n
Tweede area waar die gelykheidsdrang ‘n impak gehad het, is op norme en
standaarde. Nie alleen moet insette geëgaliseer word nie, maar daar moes ook
verseker word dat uitkomste gelyk gemaak word. Die gehalte van leeruitkomste is
hierdeur nadelig geraak. Nie-toepaslike
onderwyskundige teorieë Die Britse
en Skandinawiese konsultante sowel as die Suid-Afrikaners wat daar opgelei is en
deur die nuwe owerheid as konsultante gebruik is, het natuurlik sterk op die
tuismodelle gesteun as beleidsaanbevelings vir die nuwe stelsel gedoen is.
Beleidselemente wat hieraan ontleen is, sluit die volgende in:
Hierdie fasette sal later meer volledig bespreek word. Voorlopig kan volstaan word met die stelling dat geen enkele een van hierdie inisiatiewe ‘n ongekwa-lifiseerde sukses was nie, omdat Suid-Afrika nie tydens die oorgang ‘n eerstewêreldse samelewing met ‘n Noord-Europese klimaat was nie. Die kontekste het verskil. Personeelbeleid Die
vervanging van senioramptenare is standaardprosedure by politieke oorgange. Die
nuwe politieke magshebbers wil immers departements-hoofde en ander
sleutelpersoneel hê wat hulle oogmerke deel en sulke mense word dan aangestel.
Wat in Suid-Afrika gebeur het, was egter nie normaal nie. Bykans die hele
bestuurs- en vakkundige personeel van die ou onderwysdepar-temente is vervang.
Gewoonlik het die nuwe posbekleërs nog die kennis, nog die ervaring gehad om
hulle funksies uit te voer en gevolglik moes van konsultante gebruik gemaak
word. Omtrent die gehele poel van onderwyskundige kennis wat met die
Suid-Afrikaanse konteks vertroud was op die stelselvlak, is ontslaan. Die
beleidmatige uitvloeisel hiervan is dat daar geen kundiges in die stelsel was om
te waarsku teen nie-toepaslike beleid nie. Die inrigtings
Die impak
wat hierdie inisiatiewe op die inrigtings gehad het, sal in par. 2.4 aangespreek
word. Bates:
Die
hoofbates was die volgende: · Aanvullende plekke is in die stelsel geskep. · ‘n Meer regverdige verdeling van onderwysbates het plaasgevind. · Toegang tot bykans alle inritings is oopgestel, met die gevolglike toename in keusevryheid van onderwyskliënte. ·
Die legitimiteit van die stelsel is deur ‘n groot meerderheid van die
bevolking aanvaar. Laste:
Van die
belangrikste laste was die volgende: · Norme en standaarde is verlaag. · Onderwysuitkomste het in groot gedeeltes van die stelsel agteruitgegaan. · Institusionele outonomie is reeds grootliks ongedaan gemaak. ·
Onderwyspersoneel se moraal is verlaag. 2.2
WETGEWENDE RAAMWERK 2.2.1
Die Grondwet ‘n
Analise (Colditz, 2004) toon aan dat die Grondwet inter
alia voorsiening maak vir groepregte betreffende taal, kultuur en godsdiens,
maar dat hierdie regte naas ander regte bestaan wat weens omstandighede
geoordeel mag word ‘n hoër prioriteit te hê. So byvoorbeeld mag geoordeel
word dat die kind se reg op onderwys en dus toegang tot ‘n bepaalde
fasiliteit, prioriteit behoort te geniet bo die groep se reg om eksklusief die
skool aan te wend vir moedertaalonderwys. Hierdie
analise is, wat die Grondwet en sentrale onderwyswetgewing betref, volledig,
maar die naaswetgewing in die onderskeie provinsies is nie nagevors nie en sal
moontlik ‘n impak op hierdie bevindinge hê. In elk geval sal die praktiese
posisie ingrypend verander word (ten nadele van Afrikaans) indien
konsepwetgewing tans voor die parlement gepasseer word. Mondelinge
oorlewering wil hê dat, waar ‘n gemeenskap ‘n onderwysdepartement in die
howe getoets het in gevalle waar groepregte aangetas is, die staat nog nie ‘n
enkele saak gewen het nie. Die
wetgewende raamwerk vir moedertaalonderrig – en spesifiek Afrikaanse onderrig
- bestaan en, waar gemeenskappe die reg opeis, beskerm die howe hierdie reg. Die
posisie betreffende die staat se verantwoordelikheid om
enkelmedium-moedertaalskole op te rig en in stand te hou, is nie finaal
uitgeklaar nie. Die
omvangryke impak van die handves van menseregte vervat in die Grondwet, sal
later breedvoerig aandag kry. 2.2.2
Skolewetgewing Skolewetgewing
is tot op hede aangewend primêr om die outonomie van bestuursliggame van skole
in te perk. Funksies wat aangetas is, is: · Die heffing van gelde · Die bepaling van onderrigmedium ·
Die bepaling van toelatingskriteria. 2.2.3
Hoëronderwyswetgewing Van Wyk
(2004) bevestig ‘n soorgelyke tendens in wetgewing van toepassing op Hoëronderwys.
Hier is die nuwe wetgewing gebruik om akademiese vryheid op die volgende
terreine in te perk: ·
Wie die inrigting mag inneem as studente ·
Wie die inrigting mag aanstel as dosente ·
Watter akademiese stof die inrigting behoort aan te bied. Wetgewing
is ook gebruik om: ·
Bestuurstrukture aan te pas ·
Toelating via subsidieformule
te reël ·
Die inrigtings te rasionaliseer op maniere wat vir baie van die
geaffekteerde inrigtings onaanvaarbaar was. 2.3
NUWE BELEIDSINISIATIEWE 2.3.1
Taalbeleid Die
staat se voorkeur vir Engels as voertaal impakteer nie alleen op
Afrikaanssprekendes nie. Daar is min daadwerklike steun vir die ontwikkeling van
Zoeloe of Xosa of ander tale as onderrigtale. Die staat se houding word versterk
deurdat daar geen wesenlike druk vir moedertaalonderrig vanuit hierdie groepe
kom nie. Dit op sy beurt het ‘n nadelige invloed op die leeruitkomste van alle
gemiddelde en ondergemiddelde swart leerlinge ook in Engelsmediumskole. Om dit
te verstaan, is dit nodig om die begrippe: verrykende en verskralende
meertaligheid (additive and subtractive bilingualism) na te gaan. Wanneer
‘n kind onderrig ontvang deur ‘n taal wat nie sy of haar moedertaal is nie,
kan die milieu waarin die onderrig plaasvind, ‘n groot impak op die
leerprestasie hê. ‘n Verrykende
taalmilieu (Lambert, 1975) is een waarin die kind se eie moedertaal met agting
bejeen word, nie bloot in uitgesproke standpunt nie, maar in dade. So ‘n
milieu sal byvoorbeeld die taal as tweede taal aanbied. Dit sal die bestudering
daarvan aanmoedig. Dit sal uiterste pogings aanwend om die taal na behore uit te
dra, sy kultuurgoed te respekteer en sy letterkunde te lees en laat lees. In
gevalle waar die tweede taal met sukses aangeleer word, bevind Cummins (1981;
2003) en ander navorsers dat vaardighede aangeleer in een taal dikwels maklik na
die ander taal oorgedra word. Op hierdie wyse ontstaan ‘n gemeenskaplike
onderliggende vaardigheid. In ‘n meertalige land, is dit natuurlik die
wenslikste uitkoms. ‘n
Verskralende taalmilieu is die teenoorgestelde. Dis een wat toelaat dat die
oorspronklike moedertaal agteruitgaan. Hier word die ander taal nie geag nie. In
so ‘n skool sal die personeel en leerlinge vryelik deur woord en daad die
gebruikers van die taal as negatief stereotipeer. Die kultuurgoedere word nie
geag nie en die letterkunde nie waardeer nie. Europese
en Kanadese navorsing het bevind dat kinders in ‘n tweede taal kan skoolgaan
mits die voertaal voldoende verstaan word, indien die milieu ‘n verrykende
taalmilieu is. Waar dit verskralend is, is akademiese vordering vertraag en
konsepontwikkeling verskraal. In hierdie verband is die begrip, basiese
interpersoonlike taalvaardighede (BICS, dws Basic Interpersonal Communication
Skills) van belang (Cummins 2003). Dit is die vaardighede wat tipies in ‘n ryk
gekontekstualiseerde situasie gebruik word – waar die betekenis dikwels uit
die konteks afgelei kan word. In ‘n dekontektualiseerde situasie is kognitiewe
akademiese taalvaardighede (CALP, dws Cognitive Academic Language Proficiency)
egter nodig. Dit neem
die gemiddelde leerder ongeveer twee jaar om ‘n funksionele, sosiale
taalgebruik in ‘n vreemde taal (BICS) aan te leer, maar dit mag so lank soos
vyf tot sewe jaar duur om kognitiewe akademiese vaardighede (CALP) te vestig. In die
Suid-Afrikaanse skolestelsel beteken dit dat swart leerders in Engelse skole
dikwels te doen kry, nie alleen met die gewone probleme van nie-moedertaal
onderrig nie, maar ook met ‘n verskralende taalmilieu. Sou hulle van huis af
uit milieugestrem wees, word hierdie gestremdheid vermenigvuldig. Hulle sukkel
om ooit CALP te bemeester. ‘n
Tweede taalfaktor wat nie verreken word nie, is die uitwerking op die gehalte
van onderwysuitkomste wanneer ‘n onderwyser onderrig gee in ‘n medium wat hy
of sy nie volkome beheers nie. Min navorsing is hieroor beskikbaar. Dieselfde
geld kleurlingkinders wat eintlik Afrikaans by die huis praat, maar hulleself in
Engelsmediumskole bevind. In ‘n volgende rubriek sal gekyk word na die wyse
waarop ‘n verskynsel, inmigrasie, hierop inspeel. 2.3.2
Toelatingsbeleid Voorts
is skole ook nie bloot oopgedwing om toelating te verkry vir leerders sonder
geleenthede nie. ‘n Grootskaalse migrasie het geskied vanaf die voorheen swart
skole na skole wat tradisioneel deur ander groepe besoek is. Ouers het dit
gedoen in ‘n verstaanbare poging om vir hulle kinders beter skoling te
verseker. In die stede was daar ‘n inmigrasie van leerlinge sodat baie skole
op die periferie vandag on- of onderbenut is. In terme van voertaal is dit die
Afrikaanse skole alleen wat in die slag gebly het. Hierdie verskynsel word later
vollediger beskryf. Maatreëls
sal getref moet word om ‘n billike ewewig te vind in die hiërargie van regte,
sodat kultuurregte hulle regmatige plek in die staatsbestel kry. 2.3.3
Kurrikulumbeleid Beide
hierdie probleme gaan nie verdwyn nie. 2.3.4
Norme en standaarde Gestel
dan dat ‘n besondere kind nie ‘n gegewe begrip baasraak nie, of nie ‘n
metode ontwikkel wat hom of haar toelaat om die proses uit te voer nie. As
hierdie proses dan ‘n voorvereiste is vir die volgende kennis wat gebou moet
word, is dit duidelik dat die kind òf nie die kennis goed gaan bemeester nie,
òf dit glad nie gaan regkry nie. 2.3.5
Perifêre sake Feit is
dat ‘n menseregtekultuur die verantwoordelikheid vir menslike handeling sekuur
plaas op die skouers van die individu. Vir bykans die hele Suid-Afrikaanse
samelewing was dit ‘n sterk breuk met hulle verlede. Omdat waardes grootliks
gedrag rig, sal gedrag nog lank neem om met die waardes van die staatsbestel te
harmoniseer. 2.4 DIE INRIGTINGS 2.4.1
Voorskoolse
onderwys 2.4.2 Die
skole Onderwys
is ‘n komplekse verskynsel en ‘n groot verskeidenheid van faktore werk
daarop in. ‘n Groot verskeidenheid van hulle is reeds bespreek asook die impak
wat hulle individueel en gesamentlik op die skolestelsel gehad het. Dit het
grootliks verduidelik waarom die uitkomste wat verkry is, nie met verwagtinge
gestrook het nie. Daar is egter een verskynsel wat nog nie in detail bespreek
is nie: dié van inmigrasie op stadskole. Stede
ontwikkel konsentries en dit is daarom dat, toe instromingsbeheer afgeskaf is,
plakkery veral op die periferie van stede plaasgevind het.
Ook gereserveerde woongebiede was tipies in die buitewyke van die stad.
Toe die nuwe regering toelating tot skole oopgooi, het hierdie kinders
gestroom na die skole in die stede. Uiteraard
is die naastes die meeste geaffekteer. Dit
het gebeur omdat daar ‘n om ‘n verskeidenheid van redes, ‘n groot mate van
wantroue was in die skole wat in die eie woongebiede en plakkerskampe voorsien
is. Hierdie
instroming van leerders, en later onderwysers, het ‘n onmiddellike impak op
skole gehad. In baie gevalle is voertaalbeleid van die skool aangepas. In alle
gevalle het die leerlinggemeenskapsaamestelling ingrypend verander. Leerders van
verskillende milieus, kulture, gelowe, taalgemeenskappe en maatskaplike
agtergronde is saamgegooi. Die
proses is dikwels sonder sensitiwiteit deurgevoer, sodat gemeenskappe in opstand
daarteen gekom het. Dit het ‘n verdere ontvlugtingsproses ontketen – van die
skool in die periferie na die skool in die stadskern. Dikwels het die vlug geëindig
in die private skole. Die ontvlugtendes was egter in die minderheid. Dié wat agtergebly het, was nou in skole wat onder spanning bedryf is, nie verrykende taalmilieus kon skep nie, en gevolglik bygedra het tot die milieugestremdheid onder die leerderbevolking. Dit was en is ‘n aanvullende oorsaak van die huidige probleme. 2.4.3
Onderwysersopleiding 2.4.4
Hoëronderwys 2.5
GESINDHEDE
VAN GEBRUIKSGROEPE Daar is
omvangryke navorsing wat aantoon dat die affektiewe element ‘n deurslaggewende
rol speel by leer. Dit is gevolglik noodsaaklik om die gesindhede van
onderwysgebruikers jeens die nuwe stelsel na te gaan. Daar moet
op gelet word dat dit moeilik is vir ‘n leek om die gehalte van
onderwysuitkomste te evalueer. In ‘n bepaalde opsig is die individuele kind se
uitkomste selfnormerend in die sin dat dit die maklikste gemeet word teen die
uitkomste van sy of haar eweknieë in dieselfde klaseenheid. Wat natuurlik
werklik relevant is, is die individuele prestasie gemeet teen internasionale
standaarde. Schlemmer
(2004) bevind dan ook dat die mins gegoede groepe, en dié wat die minste kontak
met die skool het, die huidige onderwysstelsel die beste beleef. In die
bespreking wat volg, moet hierdie gegewene in gedagte gehou word. 2.5.1
Die
Indiërs In die
aanloop tot die oorgang, was geen groepe in die onderwys meer geradikaliseer as
die Indiër- en kleurlingonderwysers nie. In die
geval van die Indiërs, was dit nie noodwendig te wagte nie. Apartheid het hulle
weliswaar uitgesluit van bepaalde lewensmoontlikhede, maar sosiaal-maatskaplik
het dit met hulle goed gegaan. Ook hulle onderwysstelsel en inrigtings se
gehalte was goed – in so ‘n mate dat hulle substelsel se matriekuitslae van
al die substelsels in die land in die laat tagtigerjare die tweede beste was.
Slegs Kaapland het hulle geklop. Die Universiteit van Durban-Westville het ‘n
goeie akademiese beeld gehad. So ook hulle technikon, die M L Sultan Technikon.
Onderwysers van gehalte is ook opgelei. Van hulle skole soos Shastri College was
uitstekend, goed gefinansier en gekoester deur die gemeenskap. Die
radikalisering van die onderwyskorps gedurende die periode voor oorgang, is dus
moeilik te verstane sonder inagneming van die moontlikheid dat die leierskap
doelbewus besig was om die professie te herposisioneer met die oog op
aanvaarding deur die ANC na bewindsoorname. Hierdie radikalisering het ‘n
vernietigende uitwerking op die uitvoerende onderwys gehad. Skole het eers no
go areas geword vir skoolinspekteurs en vakadviesdienste. Daarna is
skoolhoofde se gesag stelselmatig afgetakel. Groot getalle skole het vir groot
gedeeltes van die jaar disfunksioneel geword. Die gebeure het natuurlik groot
onenigheid in die breë gemeenskap veroorsaak. (Sien Rahmsur, 1993.) Die
oorgang het egter nie die geantisipeerde gevolge gehad nie. Geliberaliseerde
toelatingsbeleid het tot gevolg gehad dat die middelklas waar moontlik hulle
kinders uit die Indiër elite inrigtings geneem het en by voorheen wit Engelse
middelklasinrigtings ingeskryf het. Vir die res, wat die meerderheid is, het
inmigrasie die aard van hulle skole ingrypend verander. Ook gehalte van
leeruitkomste is aangetas. Dieselfde het op naskoolse en hoëronderwysvlakke
gebeur. Terselfdertyd het swart leerlinge en studente hulle plekke in die Indiërinrigtings
opgeneem. Dit het meteens tradisionele Indiërinrigtings hulle leierselement
ontneem en die inrigtings se etos verander. Voortreflike inrigtings, wat
voorheen moeisaam deur geslagte se ywer opgebou is, is binne ‘n kort periode
van hulle donateurgemeenskappe vervreem. Dieselfde het op naskoolse en hoëronderwysvlakke
gebeur. Die
persepsie, moontlik onder druk van apartheid, dat die Indiër gemeenskap ‘n
identifiseerbare gemeenskap is, was grootliks weg. Ook het
die vrugte van radikalisering vir die professie uitgebly. Soos in ander
substelsels, het die nuwe bewindshebbers (in hierdie geval die IVP) gewoon, soos
die ANC elders, die senior vakkundiges van die gewese substelsel uit diens
gestel. ‘n Voortreflike en goed befondsde substelsel het sienderoë uit hulle
greep verdwyn. Vandag is
die Indiërs, van al die groepe in die RSA, die minste tevrede met die huidige
stelsel. Volgens Schlemmer (2004) is slegs 36% enigsins tevrede met die huidige
stand van die onderwys terwyl ‘n volle 50% baie ontevrede is. Die hoofredes
hiervoor is UGO en bekostigbaarheid, maar die gehalte van die leerkragte,
dissipline, godsdiens en voertaal registreer almal ‘n ontevredenheids-faktor
van bo 50%. 2.5.2
Die kleurlingbevolking Die
kleurlingradikalisering was makliker om te begryp. Na die verwerping deur die
destydse regering van die hoofbevindings van die Erika Theronverslag, het die
trikamerale stelsel bloot hulle tweederangse burgerskap bevestig en baie
kleurlingonderwysers was gevolglik met hart en siel in die bevrydingsbeweging.
Ook hier het die substelsel wat gehalte betref, vinnig agteruitgegaan
weens politieke aksie in die inrigtings. Gemeenskappe
was natuurlik minder welvarend as die Indiërs, met die gevolg dat relatief
minder kinders weens die hoë reiskoste in voorheen blanke skole opgeneem is.
Ewe min mense het dus onmiddellik in gehalte van die onderwys wat hulle ontvang,
gebaat. Die druk van opwaartse migrasie van nuwe inkomelinge uit die Transkei en
elders, het egter ook hier ‘n etosverandering in baie inrigtings tot gevolg
gehad. Veral UWK het hierdie proses deurloop. Op die platteland het bykans niks
oornag verander nie, behalwe dat die kleurlingskole nou ooreenkomstig ANC beleid
bestuur moes word. Soos migrasie uit die gewese Transkei die dorpies getref het,
het die impak egter ook hier getref. Later sal aangetoon word dat die uitwerking
op gehalte allermins positief was. ‘n Verdere probleem vir hierdie gemeenskap, is dat baie mense se apartheidservaring aan hulle ‘n renons in al wat Afrikaans is gegee het. Dit het beteken dat hulle traag was om te migreer na Afrikaansmediumskole en hulle soms gebrekkige Engels het dit ook moeiliker gemaak om gladweg in die Engelse skole tot hulle reg te kom. Vir hulle was die opwaartse migrasie moeiliker en baie stadiger. In sommige gebiede het dit nooit wesentlik plaasgevind nie. Volgens Schlemmer (2004) ontvang bykans 30% van die kleurlingbevolking hulle onderrig deur medium Engels. Daar is
‘n sterk persepsie dat die kleurlinggemeenskap steeds aan die agterste speen
suig. Let op dat hierdie gemeenskap homself agtergeblewe geag het, toe met
entoesiasme en optimisme meegedoen het aan die oorgangspolitiek met die hoop op
radikale verbeterings, en toe moes ervaar dat hulle steeds min vordering maak.
Die emosionele uitkomste is nog nie nagevors nie, maar is vermoedelik beduidend
en speel na verwagting in op die huidige onderwysuitkomste. Hulle tevredenheid met die stelsel is tog beduidend. Volgens Schlemmer is 60% relatief tevrede en slegs 13% baie ontevrede met die stelsel. 2.6
DIE
PROBLEMATIEK RONDOM KLEURLINGONDERWYS Migrasie Opwaartse
migrasie het in baie ander groepe se ervaring minstens ‘n verbetering in
onderwysgeleenthede tot gevolg gehad. In die geval van baie kleurlinge was dit
weens voertaal nie die geval nie. Voorts het relatief min leerders opmigreer.
Inmigrasie in tradisioneel kleurlingskole het egter wel plaasgevind – meestal
deur leerders wat Xhosa-sprekend is – ten nadele van die gehalte onderrig. 3
GESONDE PRAKTYK
3.1
WETEGEWENDE
RAAMWERK Indien
Afrikaans wil oorleef, is dit dringend noodsaaklik dat ‘n groep geroepe en
bekwame regslui aangestel word om · die wetlike raamwerk dop te hou en die posisie gereëld op te dateer, o.a. deur die bywerk van naas-wetgewing soos dit moedertaalonderrig en moedertaalskole raak ·
namens skoolgemeenskappe wat daarom vra, ondersoek te doen na ‘n
bepaalde departementele optrede, en, indien geregverdig, hulle na die howe te
wend vir die beskerming van hulle regte. Die
oorhoofse oogmerke van hierdie optrede moet minstens die volgende behels: · Die instandhou en uitbou van bestuursoutonomie van alle onderwysinrigtings · Die instandhou en uitbou van taal- en kultuurregte · Die skep van instrumente om oorskryding van hierdie regte te beveg ·
Die bestudering van wetgewing rondom die onderskeie bestuursmeganismes om
te verseker dat mense wat Afrikaans ter wille is, in die toekoms in die besture
van geteikende inrigtings opgeneem word. So ‘n
diens sal ‘n koste-implikasie hê, maar dit hoef nie van groot omvang te wees
indien die saak netjies bestuur word nie. Die diens sal die vordering van die konsepwetgewing tans voor die Parlement moet nagaan. Gaan die konsep in sy huidige vorm voort, sal dit beteken dat die opsie van private skole geimplemeteer moet word. Met die oog hierop, sal die implementeerbaarheid van so ‘n strategie nagevors moet word. Dit sal
ook nodig wees om skoolgemeenskappe in te lig dat die diens bestaan. Voorts
behoort die diens om gesindheidsredes, ook aan ander taalgemeenskappe beskikbaar
te wees met die oog op die instandhoouding van hulle regte. 3.2
NUWE BELEIDSINISIATIEWE 3.2.1
Taalbeleid Selfs
taalonderwysers is nie almal vertroud met die begrippe verrykende en
verskralende veeltaligheid nie. Wanneer ‘n persoon of persone getaak word om
materiaal hieroor op te stel met die oog op publikasie, moet die publikasie(s)
ook aan alle Afrikaansmediumskole beskikbaar gemaak word. Voorts
is navorsing nodig oor: ·
die gesindheid van blanke en
kleurlingouers uit Afrikaanssprekende gesinne ·
die effek van die taalvermoë
van nie-moedertaal onderwysers op hulle onderriguitkomste. 3.2.2
Toelatingsbeleid Hierdie
proses is nie maklik nie. Afrikaanse gemeenskappe doen moeilik afstand van ‘n
skool. In gevalle waar gemeenskappe dit wél gedoen het, het die staat geweier
dat die proses deurgevoer word. In hierdie gevalle moet die gemeenskap hom tot
die reg wend. Die reg op vrye assosiasie staan immer vas. 3.2.3
Kurrikulumbeleid
en didaktiese praktyk Afrikaanse
skole moet aangemoedig word om hierdie strategieë gekoordineerd aan te pak.
Die instrument hiervoor is die bestaande hoofdekringe. Waar hoofdekringe
nie bestaan nie, moet hulle stigting aangemoedig word. 3.2.4
Norme
en standaarde 3.2.5
Perifêre
sake In die
beskrywing van die status quo is
enkele perifêre sake genoem wat nadelig inwerk op die onderwys. Hierdie sake is
belangrik, maar die prioriteit is om eers gesindhede te wysig en strukture in
plek te plaas om Afrikaanse moedertaal-onderwys te verseker. Indien hierdie
strukture tot stand kom en hulle hulleself bewys as waardige rolspelers naas die
staat, kan die strukture in die toekoms aan hierdie sake aandag gee. Intussen is
‘n breed verteenwoordigende liggaam van onderwysbelanghebbendes die natuurlike
instrument om hierdie aangeleenthede te beinvloed. 3.3
DIE INRIGTINGS 3.3.1
Voorskoolse
onderwys 3.3.2
Die skole Die beste
skole ter wêreld is geheel en al onafhanklik. Ondanks hierdie feit, is
Afrikaanssprekendes traag om Afrikaansmedium private skole te stig, te onderhou
en te ondersteun. Hierdie stelling geld egter nie vir ‘n klein minderheid
Afrikaanssprekers nie. Die skole ter bevordering van volkseie, Christelike
onderwys word geredelik gestig en onderhou. Hierdie skole bedien tans ongeveer
4000 leerlinge op alle vlakke en groei met 8 – 10% per jaar. Ongelukkig bedien
hulle ‘n partikuliere groep met
‘n beswondere siening van die geskiedenis, ‘n spesifieke religieuse
grondslag en is hulle tipies rasgesegregeerd. Metodes moet gevind word om
Afrikaanse private skole met ‘n meer inklusiewe aard te stig, te onderhou en
te populariseer. Intussen is dit vir Afrikaanssprekers gevolglik belangrik om
die staat aan te moedig om
bestuursoutonomie waar moontlik in staatskole te waarborg en as omstandighede
dit toelaat, verder uit te bou. Sou
die staat voortgaan met die huidige konsepwetgewing wat juis die
bestuursoutonomie van staatsondersteunde skole verder aantas, is die implikasie
duidelik. Afrikaanssprekendes wat Afrikaanse onderwys vir hulle kinders verkies,
sal moet wyk uit die staatsektor na nuutgestigte private skole. In die
staatsektor kwyn Afrikaansmedium onderwys. Die presiese omvang van die probleem
is nie oral bekend nie, omdat geen orgaan bestaan om die statistiek te in en te
verwerk nie. Die inwerkingstel van so ‘n statistiese steunpunt, waarskynlik by
die Afrikaanse onderwysersverenigings, is wenslik. So ‘n meganisme sal
leerlinggetalle op alle vlakke van die onderwys en in alle dissiplines en fases,
maar ook onderwysergetalle deurlopend monitor en verwerk. Slegs so kan die
omvang van die probleem identifiseer word. Met behulp van tydsreekse sal
tendense ook duidelik geïdentifiseer word. Wat
Afrikaansmediumskole betref, is dié wat die sterkste vertoon, stadskole, groot,
akademies sterk en met ‘n aura van sukses. Hulle werf aktief leerders uit alle
gemeenskappe. Hiervoor bedryf hulle dikwels koshuise. Hulle bied ‘n wye
verskeidenheid vakke, waarvan sommige uitgekontrakteer is aan private
agentskappe. Hulle het ‘n eietydse etos en is stewig gevestig in die nuwe
Suid-Afrika. Hulle
taalbeleid is bykans standaard. Hulle bied deur die bank Engels as eerstetaal
aan en sommige van hulle verskaf ook Engelse terminologie in ander vakke. So
verseker hulle dat die voordele wat ‘n ouer sy kind bied deur hom of haar in
die Engelsmedium te plaas, al die leerders in die skool toeval. Die kinders kry
dan natuurlik nog die voordeel van moedertaalonderrig. Die taalmilieu is
verrykende meertaligheid. In die algemeen was en is dit vandag nie waar van
Engelsmedium skole nie. Oorhoofs gesien, is sulke Afrikaanse skole wat
taalonderrrig betref, superieur. Hierdie voordeel moet bekend gemaak word. · Staatsdruk om Engels as voertaal te gebruik · ‘n Onvoldoende vloei van jong onderwysers · Die gesindhede van ouers · Die gesindheid van baie kleurlinge jeens Afrikaans ·
‘n Gebrek aan fondse. Die
uitdaging vir die toekoms is om hierdie skole uit te bou en as sektor dinamies
te laat groei. Dit sal slegs gebeur as gesindhede by die owerheid en
Afrikaanssprekers, wit, kleurling en swart, ingrypend verander word. Benewens
die reklame wat hiervoor benodig sal word, sal die nodige stappe gedoen moet
word om te verseker dat hierdie skole die toppresteerders in die RSA word en
bly. Voorts sal ‘n proses van
dinamiese onderwyser werwing weer op dreef met kom.
‘n Enkele, of groep taakgerigte organisasies wat hierdie skole
ondersteun en uitbou deur hierdie en ander take te verrig, moet in die lewe
geroep word. 3.3.3
Hoëronderwys Die
onmiddellike verlede het reeds aangetoon dat die staat voldoende instrumente het
om bestuurslui in hoëronderwysirigtings aangestel te kry om sy ideologie uit te
dra. Afrikaanssprekendes van alle oortuigings sal opgevorder moet word om hulle
invloed en stemme so uit te bring dat hierdie proses nie voortgaan nie. Die gebrek
aan politieke wil om Afrikaans as taal vir hoëvlakse akademiese diskoers te
laat voortbestaan, sal moet verander. ‘n Positiewe wil sal weer by
Afrikaanssprekendes gekweek moet word om aan te dring op hoëronderwys in
Afrikaans. Voorts sal Afrikaanse akademici oortuig moet word dat dit in hulle
eie en groter belang is om die taal op hoëronderwysvlak aan te wend en verder
uit te bou. Dit sal nie gebeur tensy Afrikaansgesinde leierskap aan ons
universiteite aangestel word nie – en dan steeds nie tensy die tradisionele
bedienings-gemeenskap sy nek styf maak nie. Geen
moderne taal sal oorleef nie tensy hy sy vermoë in stand hou om hoëvlakse
akademiese diskoers in die taal te kan voer. Dit beteken dat die taal steeds
dinamies groei, ook deur die skepping van vakterminologieë. Indien die staat sy
anti-Afrikaanse veldtog op die duur in stand hou, sal dit noodsaaklik wees om
‘n private Afrikaanse universiteit te stig. Die kernprobleem sal finansiële
steun wees. 3.3.4
Onderwysersopleiding Wat
toekomstige bestuurspersoneel betref, moet hoofdekringe aangemoedig word om
bestuursopleidingsgeleenthede vir geïdentifiseerde onderwysers in plek te
plaas. 3.4
GESINDHEDE
VAN GEBRUIKSGROEPE Afrikaansmedium
onderwys sal nie robuust voortbestaan sonder ‘n gesindheidsverandering onder
Afrikaanstalige blankes en kleurlinge nie. Presies wat die aard en omvang is van
hierdie gesindheidsverandering wat vereis word, sal slegs navorsing bepaal. · die wetlike raamwerk dop te hou en die posisie gereëld op te dateer, o.a. deur die bywerk van naas-wetgewing soos dit moetertaalonderrig- moedertaalskole en hoëronderwys raak ·
namens skoolgemeenskappe wat daarom vra, ondersoek te doen na ‘n
bepaalde departementele optrede, en, indien geregverdig, namens die gemeenskappe
in die howe op te tree ter beskerming van hulle regte. |
Medewerkers
|
Webmeester
|