TUISBLAD

DIENSTE &
VOORDELE

TABOK IN BEDRYF

GRONDWET

HULPMIDDELS

NAVORSING

LITIGASIE

WETGEWING

AANSOEK

KONTAK ONS

SKAKELS

 

 

Finale Verslag

 

 Afrikaansmedium onderrig op skool en van  die menings van ouers in alle gemeenskappe oor die huidige stand van skoolonderwys

 

Prof. Hermann Giliomee

Chris Heese

Lawrence Schlemmer

Die finansiële ondersteuning van die volgende word met dank erken: 

Het Jan Marais Nationale Fonds

Naspers

Dagbreek Trust

 

Stellenbosch

24 Januarie 2005

Strategiese Opsomming vir Top Bestuur

 Hierdie  verslag berus op die volgende verslae wat aangeheg word 

·        Strategiese voorstelle vir langtermyn oplossings vir die Afrikaanstalige onderwys (Hermann Giliomee, Chris Heese en Lawrence Schlemmer) 

  • `n Opname oor die menings van ouers oor wendinge in die  onderwys  (Lawrence Schlemmer en Hermann Giliomee)

·        `n Verslag van die referate wat gelewer is by `n spesiale kongres oor die onderwys, georganiseer deur die opstellers van hierdie verslag. Dit is gehou op die UWK-kampus op 4-5 Junie 2004.  Dit lê klem op die swak en sterk punte van sowel die ou as die nuwe onderwysstelsel met spesiale verwysing na die behoefte aan verdere hervorming (D. C. F. Heese) 

BEVINDINGS 

·        Onderwys in Suid-Afrika is in `n krisis: Suid-Afrika het laaste gekom van die 46 lande wat leerders in graad 8 ingeskryf het om die toetse in wetenskap en wiskunde af te lê.  Daar word tans nie meer suksesvolle swart kandidate (ongeveer 4 600) in Wiskunde Hoër Graad gelewer as in 1992 nie. Universiteite in Suid-Afrika wil vanaf 2009 ‘n eie  toelatingseksamen bedryf voor hulle aan studente plekke gee 

  • Leerders in  die moedertaal vaar aansienlik beter as diegene wat in `n tweede taal studeer. Ook in wiskunde en wetenskap.

·        Daar is `n dreigende tekort aan Afrikaanse leerkragte, veral in wiskunde en wetenskap en buite die Wes-Kaap  

  • Wetgewing word beoog wat beheerrade se magte drasties sal inkort. Meer welgestelde ouers mag in aansienlike getalle besluit om eerder hul kinders na Engelstalige privaatskole te stuur.
  • Die regering wil hê dat skole en universiteit toegang (lees: toegang in Engels) moet verleen. Geen aanvullende fondse word op universiteitsvlak hiervoor beskikbaar gestel nie. In feite hef die regerings in sulke gevalle `n taal-“taks” op Afrikaans
  • Ongeveer 60 persent wit Afrikaanse kinders woon enkelmedium Afrikaanse skole by; `n kwart is in parallelmedium staatskole; 14 persent is in Engelsmedium staat-en privaatskole.
  • Terwyl daar Afrikaanse onderwysers is wat in staat is om Afrikaans as taal, die kultuur en dissipline te handhaaf –en dit is klaarblyklik tans nog die geval--  is daar nog  nie besondere kommer onder ouers oor die kwyning van moedertaal onderrig.
  •  Baie ouers is nie bewus van die opvoedkundige waarde van moedertaal onderrig nie en is ook geneig om die invoer van Engelsmedium klasse in `n Afrikaanse skool as ‘n aanwins eerder as ‘n bedreiging te sien.
  • Abstrak beskou 80% van die wit Afrikaanse ouers (teenoor 73% van bruin ouers) as belangrik. Van die Afrikaners kies 57% moedertaalonderrig omdat dit `n bepaalde kultuurerfenis en etnisiteit oordra en `n verdere 30% omdat dit `n opvoedkundige voordeel meebring (In die geval van bruinmense is die proporsies  44 persent en 30%.)
  • `n Derde van die wit Afrikaanse ouers sal nie beswaar hê as Engels in `n opvoedkundige instelling ingevoer word teenoor twee-derdes wat dit teenstaan.
  • Baie min wit of bruin Afrikaanse ouers is bereid om vir moedertaalonderrig te betaal indien hulle dit nie ontvang nie. Ongeveer 60% van die Afrikanerouers beoog sterk optrede as hul kinders dit nie ontvang nie.  
  • Indien dit egter sou gebeur dat `n opvoedkundige instelling “getransformeer” word en dat  saam daarmee Afrikaans gemarginaliseer word, sal daar ‘n groot styging van die vlakke van kommer en ontevredenheid plaasvind, soortgelyk as dié wat ons tans onder Indiër-ouers sien.  Van die Afrikaners voel 58% vir “sterk optrede” as so iets gebeur. 
  • Die volgende persentasies van ouers voel of ontevrede met die huidige onderwys, of pessimisties oor die rigting wat onderwys inslaan: Wit Afrikaans:79% Wit Engels:70% Indiërs:78% Daarteenoor is die getalle vir bruin ouers 41%  en swart ouers 31%. Vir die alle groepe is dit  41% . Die grootste tevredenheid is by gevalle waar die skakeling tussen die ouers en die skool die swakste is en waar ouers nie hoë verwagtinge het nie.
  • Oor die algemeen is die ouers baie ontevrede met Uitkomsgebaseerde Onderwys en die veranderings in leerplanne en regulasies. Wit Afrikaanse ouers spesifiek is sterk ontevrede oor  swak dissipline, dalende standaarde, bemoeiing deur regering met skole, godsdiensbeleid en en rassespanning op skool.
AANBEVELINGS

Daar word aanbeveel dat 

1  `n Sekretariaat van afgetrede onderwysbeplanners en regsgeleerders moet dringend in die lewe geroep word om 

  • die behoefte van Afrikaanse onderwysers in skaars vakke te bepaal
  • modelle te ontwikkel om, waar parallel-medium `n voldonge feit is, `n taalbeleid te volg wat `n verrykende taalmilieu tot gevolg het
  • `n  geko-ordineerde poging van stapel te stuur om die bestaande en verwagte gebrek aan onderwysers vir hoër graad wiskunde, wetenskap en tale na te vors en aansporings  te ontwikkel vir leerlingonderwysers in die vakke
  • konsep onderwyswetgewing en onderwyspraktyke noukeurig na te vors om  vroegtydig te waarsku teen wetsontwerpe en regulasies wat  inbreuk maak word op bestuursoutonomie, en aanbevelings te doen vir geregtelike optrede voorlopig te beplan vir die stigting van privaatskole indien die beplande onderwyswetgewing die outonomie van beheerrade vernietig

2        Daar word gevoel dat vertoë tot die Minister van Onderwys waarskynlik min vrugte sal oplewer en nie die fundamentele krisis van Afrikaanstalige instellings sal oplos nie. 

3        Die wesenlike aangeleenthede en probleme in Afrikaanse onderwys moet op ’n vlak van die beginsels van ’n demokratiese orde gedryf word, en in besonder moet die onderwysprobleme deel uitmaak van ’n aksie rondom minderheids-en-kultuurregte in ’n multi-kulturele bevolking.  As sodanig moet die aksie op die hele regering gerig word met die President en sy kantoor as kanaal. Die universiteite met historiese en/of huidige bande met Afrikaans-medium onderrig sal die aksie moet dryf 

4        Daar kan nooit spesiale voorregte vir die Afrikaantalige gemeenskap gevra word nie, en die Afrikaanstalige “entrepreneurs” moet bereid wees om, as hulle gevra word, ook alle ander minderheidsgemeenskappe met besondere taalbehoeftes met raad en daad by te staan. 

Sien Finale verslag

Terug boontoe

Onderwys navorsing

Tuisblad

 

Medewerkers

AGV


Klopnet


TABOK

 

 

Webmeester