Afrikaanse Leesolimpiade 2007
Organiseerders: TABOK en ECOLTECH
NUUSVRYSTELLING: LEESOLIMPIADE 2007
Die
twee-jaarlikse Leesolimpiade se finale ronde is op 12 Oktober 2007 op
die kampus van die Noord-Wes Universiteit afgehandel. Veertien finaliste
van oor die land het deel-geneem in die twee kategorieë, grade 6/7 en
grade 8/9.
In
die uitdun ronde het daar gesamentlik 850 leerders gekwalifiseer om aan
die streek-kompetisie deel te neem. Die wenners van die
streekkompetisies het op Potchefstroom sake uitgespook om die algehele
wenners te bepaal. Deelnemers van onder andere Upington, Orania,
Potgietersrus, Gauteng en ander areas het aan die Leesolimpiade
deelgeneem.
Die
kompetisie word in Afrikaans aangebied om leerders aan te moedig om
hulle leesvaardigheid, wat die kernvaardigheid vir suksesvolle studie
is, optimaal te ontwikkel.
Die
organiseerders hoop verder om met hierdie poging skole te help om die
algemene geletterdheidsvlak, asook die belangstelling van lees in
Afrikaans, van leerders ʼn hup-stoot te gee. Die organiseerders beoog om
die Leesolimpiade jaarliks uit te brei, vir Laer- en Hoërskole en
sodoende by te dra tot die verhoging van leesprestasies op skoolvlak.
Skole en belangstellende besighede word uitgenooi om met die
skakelpersoon van die Leesolimpiade kontak te maak indien hulle in die
toekoms betrokke wil raak.
Die
algehele wenners van die twee kategorieë is:
Grade
6/7: Eerste…. Cecilia Botha, Laerskool Eugene N Marais,
Naboomspruit
Grade
8/9: Eerste – Michael Muller, Hoërskool Zwartkop, Centurion.
Vanjaar se kompetisie is geborg deur Ecoltech cc van die Lector
Rekenaarleesprogram en TABOK Werkgewersorganisasie. Belangstellendes kan
meer inligting verkry deur die skakelpersoon van die Leesolimpiade te
skakel: Sanri Grobbelaar
086
514 7760 of 086 518 9865
|